Die drinkwaterdilemma in SA – wat ons kan doen
PROMOSIE-ARTIKEL
Inleiding
Hierdie artikel volg op verlede jaar se artikel: “Watertipes en -gesondheid vir mens, plant en dier”.
Dié weergawe bevat die volgende:
- Drinkwater: SA Bloudruppel-verslag 2022
- Oorsig: lewende water vs. dooie water
- Bekendstelling aan HIDROPLUS, die veskaffer van drinkwater met ’n verskil
- Bekendstelling aan die “Helpende Hand Inisiatief”, ’n landwye projek vir gesonde kombuiswater, asook besigheids- en beleggingsgeleenthede
- Ekonomiese oorwegings t.o.v. drinkwater
- Die Tru-Osmose (TO) Waterfiltreerder in jou kombuis: Wat jy moet weet
Waterkwaliteitverslag van die SA regering
“Government confirms alarming decline in SA tap water quality” – BLUE DROP report 2022
Toenemende openbare kommer oor die veiligheid van Suid-Afrika se kraanwater is bevestig deur die regering se jongste Bloudruppel-verslag van 2022, wat ‘n kommerwekkende afname in watergehalte aan die lig bring.
- “Rooi kennisgewings” is deur die departement van water en sanitasie aan verskeie munisipaliteite uitgereik.
- Hulle sal inwoners moet waarsku om hul water te kook, want die veiligheid daarvan kan nie meer gewaarborg word nie.
- 60% van die stelsels het nie aan mikrobiologiese standaarde voldoen nie, en 77% het die chemiese behandelingsvereistes gefaal.
- Die departement sê die mikrobiologiese toetse het die teenwoordigheid van E. coli/fekale koliforme bakterieë bevestig, wat dui op riool- of diere-afval besmetting.
Oorsig: lewende water vs. alternatiewe drinkwater
Ons is deur “Groot Farma” gebreinspoel, en daarom is dit vir die meeste mense moeilik om te glo dat gesonde water ’n verskil maak aan jou gesondheid. Dit hang af of jy die regte tipe water drink of gebruik om mee kos te kook. Dit is die goedkoopste manier om gesond en energiek te bly.
Jou liggaam benodig genoegsame gestruktureerde alkaliese mineraalwater (ook genoem “cluster” water of “lewende” water, soos dit in die natuur voorkom). Hierdie water het die korrekte alkaliese balans (pH 8), genoeg van al 84 natuurlike minerale (170 ‘TDS’), en met ‘n mikro-molekulestruktuur vir behoorlike hidrasie en goeie gesondheid.
Hier volg ’n paar voordele van gesonde drinkwater:
- Dit help met ontgifting en gewigsverlies.
- Dit help om immuniteit te verbeter.
- Dit lei tot hoër energievlakke en verbeterde sportprestasie.
- Dit lei tot verhoogde breinaktiwiteit en help met die breinontwikkeling van kinders.
- Dit is baie voordelig tydens swangerskappe en borsvoeding.
- Dit vertraag veroudering en hou die vel soepel en stralend.
Geniet ’n goeie lewe met lewende water.
Die newe-effekte van kraanwater wat meeste mense gereeld drink:
Kraanwater:
- Veilig, maar nie gesond nie (kankervormende chloor, mikroplastiek en estrogeen)
- Nie-gestruktureerd en lae mineraalinhoud (lae hidrasie, energie en immuniteit)
Tru-Osmose (TO) gefiltreerde & TO gebottelde water in kombuise en kettingwinkels
- Goedkoop dooie steriele water (kan o.a. osteoporose en swak hidrasie veroorsaak)
- Geen minerale, lae pH (suur), nie-gestruktureerd (nie deur die WGO aanbeveel nie)
HIDROPLUS WATER WELLNESS is ’n waterspesialis-maatskappy in Pretoria-Oos
HIDRO+ is ’n drinkwaterspesialis-maatskappy met ’n verskil. Kwaliteit is ons trots. Ons verskaf waarskynlik die gesondste en lekkerste lewende mineraalwater. Ons vra ongeveer die helfte van die prys wat die grootmaat dooie gebottelde water by kettingwinkels kos.
Hidro+ se water is nie net veilig en gesond nie, dis ook van hoogstaande gehalte. Dit bevat net natuurlike minerale (soos dié in jou bloed) en het dieselfde struktuur van water uit die natuur. Die WGO het reeds in 1985 ’n verslag uitgebring waarin hierdie tipe water aanbeveel word as noodsaaklik vir goeie gesondheid.
Slegs ’n handjievol klein verskaffers in SA se water voldoen aan bogenoemde vereistes. Tru-Osmose water is goedkoper en daarom word dit grootskaals wêreldwyd voorgehou. Sien gerus verskeie video’s en ander verwysings onderaan, wat o.a. deur dieetkundiges en dokters aanbeveel word.
Hidro+ se water kan in grootmaat vir huisgebruik aangeskaf word by ons winkel in Morelatapark. Ons lewer ook af in Pretoria-Oos. Verder help ons mense landwyd om hierdie lewende water ekonomies te bekom. Kontak ons gerus vir meer inligting.
Ons voorsien alle huishoudelike watertoerusting, kompleet met installasie, versiening en stelselontwerp deur ons ingenieur. Dit sluit opberging, pompe en ’n unieke filtrasiestelsel vir drink- en baddoeleindes in.
Daarby skop ons “Helpende Hand Drinkwaterprojek” binnekort af. Dit behels die behandeling en opberging van gesonde lewende mineraalwater by jou huis – met kapasiteit vir 4 tot 6 weke se kombuisgebruik (drink en kook). Jou gesin se gesondheid sal daarby baat en dit maak ekonomies sin. Dit help jou ook om selfvoorsienend te wees in tye van diensleweringstekorte.
Ons nooi beleggers en entrepeneurs landwyd uit om betrokke te raak by dié projek, wat groter sekuriteit op ’n noodsaaklike entiteit soos drinkwater in tye van onrus tot gevolg sal hê. Die plan is om hierdie inisiatief te vestig in elke stad en dorp in Suid Afrika. Dit skep geleenthede vir kleinbesighede. Ook help dit ons mense om gesonder te wees en minder kwesbaar en afhanklik te wees in hierdie tye van verval.
Ekonomiese oorwegings t.o.v. drinkwater
Neem die volgende in ag t.o.v. die verskillende tipes drinkwater:
Kraanwater is die goedkoopste water, maar die oormaat chloor daarin is kankervormend. Dan praat ons nie eens van ander skadelike kontaminante wat gesondheidsrisiko’s inhou nie. TO-water het langtermyn nadele soos o.m. osteoporose.
Die koste van drinkwater is ’n baie klein persentasie van jou totale gesondheidskostemandjie. Dit sluit farmaseutiese en dokters- en hospitaaluitgawes oor ’n leeftyd in. Kyk verby die oënskynlike duur gesonde water en sien die groot prentjie raak t.o.v jou totale gesondheidskoste. Dinge het baie verander in ons land.
Vergelyk gerus die koste van gesonde water met dít wat jy vir munisipale water betaal. Jou gesonde kombuis-water kos ongeveer R11,00 per dag teenoor ongeveer R77,00 per dag vir kraanwater per gemiddelde huishouding. Dit is ’n klein prys om te betaal vir jou gesin se gesondheid. Onthou, “lewende water per dag, hou die dokter weg”! Ons hoof uitvoerende beampte kan oor ’n 7 jaar tydperk daarvan getuig.
Ons bied buitengewone kortings soos volg:
Skole (slegs lewende later – geen TO-water nie) kan herverkoop aan ouers @ HIDROPLUS winkelprys – 20%
Besigheidskontrakte met groter bestellings kan kortings deurgee aan hul werknemers & ‘Pre-paid’ – 15%
Huishoudings and aftreeoorde (2 weeklikse aflewerings x 12 maande ooreenkoms) / Pensioenarisse – 10%
Afleweringskorting @ 2 weeklikse vaste aflewerings x 12 maande ooreenkoms – 40 tot 60%
Die TO-Waterfiltreerder in jou kombuis: Wat jy moet weet
HIDRO+ verskaf, installeer en onderhou huishoudelike TO-filterstelsels. Ons verskaf ook die “gestruktureerde” mineraalkonsentraat (84 natuurlike minerale) om by te voeg vir gesonde lewende water. Om dit te bereik doen ons ’n klein wysiging aan jou filtreerder.
Moenie mislei word nie. Die gesuiwerde water uit jou TO-filterstelsel en die meeste gebottelde water is veilig. Dit is egter nie gesonde water nie. Daar is ’n groot verskil. Ons het gevind dat TO-filters oor die algemeen nie volgens spesifikasies in stand gehou word nie, en dit lei tot die opbou van bakterieë. Die meeste mense wat hierdie filters in hulle huise gebruik, dink hulle doen die regte ding. Hulle besef dikwels nie dat langtermyn drink en koskook met TO-gefiltreerde water moontlik tot osteoporose en ander gesondheidstoestande kan lei nie (volgens die WGO-verslag oor drinkwater). Drink en kook lank genoeg met TO-water en/of kraanwater en jou risiko verhoog om met verswakte gesondheidstoestande te eindig.
Geniet volle gesondheidsvoordele wanneer al jou waterinname, insluitend drink- en koskookwater, gestruktureerde lewende mineraalwater is.
Kontak ons by 082 904 8848 | 012 997 1386 vir al jou drinkwater behoeftes. Loer gerus op ons webwerf www.hidroplus.co en kyk na ons eenminuut Facebook-video’s op www.facebook.com/hidropluswaterwellness vir inligting wat nie alombekend is aan die publiek nie.
Skakels na sommige kort video’s:
- “Bigger Thread Than Electricity”
- “Stay Waterwise with HIDROPLUS & See 5G negative effects”
- “The Effect of STRUCTURED Water on Blood”
- “HELPING-HAND WATER PROJECT”