Nukleus Onderwys skep geleenthede vir jou kind in Afrikaans.
PROMOSIE-ARTIKEL
Dit is die Nukleus-span se strewe om elke kind te sien groei tot sy of haar volle potensiaal.
Die kind in totaliteit is vir Nukleus Onderwys baie belangrik.
Ons bied daarom hoë gehalte lesmateriaal en ’n nuwe reeks opwindende aktiwiteite in Afrikaans aan.
Kreatiwiteit en die vermoë om probleme op te los, is van die belangrike vaardighede wat kinders benodig om makliker aan te pas in die snelveranderende era waarin ons leef. Nukleus skep ’n platform vir leerders om deel te neem aan verskeie kuns- en kultuurgeleenthede, skaaktoernooie en vele meer.
Die ontwikkeling van die hele kind sluit natuurlik ook ligaamlike ontwikkeling in.
Studies bewys dat fisieke oefeninge wel geestes- en liggaamlike gesondheid en akademiese vordering kan ondersteun en selfs verbeter. Nukleus Onderwys bied kreatiewe oplossings om jou kind se liggaam met professionele hulp te laat ontwikkel.
In die afgelope 20 jaar het Nukleus Onderwys gegroei tot ’n afstandonderriginstansie vir grade R tot 12.
Ons dienste sluit onder meer in:
- Handleidingspakkette per vak, volgens die leerder se behoefte
- Ondersteuning van gekwalifiseerde onderwysers
- ’n Aanlyn skool volgens rooster
- Nasionale Senior Sertifikaat Eksamens
- ’n Aanlyn boekwinkel
Skakel gerus die Nukleus Onderwys kantoor of besoek ons webblad vir enige verdere inligting.
Nukleus Onderwys neem vanjaar deel aan die 2022 Sakeliga KragDag-ekspo wat gehou word op 11, 12 en 13 Augustus. Kom besoek hulle in die Opvoedkunde tent by tafel S03 en kom kyk watter lesmateriaal en aktiwiteite beskikbaar is in Afrikaans.
Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon, onderneming of instansie saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie.