Beiteltjie

beiteltjie.co.za

Beiteltjie is die eerste aanlyn Afrikaanse tydskrif vir kinders. Die doel van die tydskrif is om die leesvaardighede en kulturele bewustheid van kinders te bevorder.

 

Vir die kinders: in die Februarie uitgawe van Beiteltjie kan jy alles van meule uitvind – waar hulle vandaan kom, hoe hulle lyk en hoe hulle werk.

 

Jy kan selfs jou eie model uit papier en karton van Mostert se Meul in Kaapstad bou.  Dit is die oudste werkende meul in Afrika!

Sit dit langs Pioniershuis van Januarie se Beiteltjie en sien hoe jou historiese dorpie groei!

 

 

Leer hoe om ‘n bliklantern te maak en pannekoek te bak.  Dan is daar nog speletjies en raaisels en baie meer.

Vir ouers is daar elke maand ‘n deel waar opvoedkundige kwessies, wat ons na aan die hart lê, bespreek word.

 

 

Dan is daar ook die tweede hoofstuk van die stoute tweeling Sias en Mias en die splinternuwe Knoffel-familie strokiesverhaal.

 

Jy kan gratis Beiteltjie aanlyn by beiteltjie.co.za lees, of jy kan vir R100 per jaar inteken en jou Beiteltjie as ‘n PDF dokument per epos ontvang, sodat jy nie ‘n enkele uitgawe mis nie.

Jy kan dit dan op jou rekenaar bêre of dit in papierformaat uitdruk.

 

Groete van huis tot huis

Francois Durand

 

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Francois Durand
  • Francois Durand

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui