
Wees orals SonSlim!
KragDag mense is meestal opgewonde oor sonkrag, maar soos met enige iets kragtigs is dit nodig om ook versigtig met die son om te gaan. Ons is gewoond aan sonnige vakansies, en al gaan ons nou die winter binne, wil die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) met hierdie artikel almal daaraan herinner om versigtig te wees en oral SonSlim te wees. Sonbrand gebeur binne 15 minute en die skade is permanent, onomkeerbaar en tel met elke blootstelling aan die son op.
Suid-Afrika het van die hoogste voorkoms van velkanker in die wêreld – deels te wyte aan ons land se hoë vlakke van UV bestraling, wat die hoof oorsaak is van velkanker. UV strale is net so gevaarlik vir mense wat buite werk, sportlui, op die speelgrond of om werk toe te ry as wat dit is om op die strand of by ‘n swembad te wees. Selfs wanneer dit oortrokke weer is kan strale reflekteer teen oppervlaktes en sonbrand veroorsaak. Lees meer oor velkanker, wenke om kankerrisiko te verlaag asook sifting op die KANSA webwerf: https://www.cansa.org.za/be-sunsmart/
Alhoewel mense met blonde- of rooi hare en ligte vel, sproete en groen- of blou oë ‘n groter risiko het vir sonbrand en velskade as dié met donkerder velpigmente, moet mense met donker veltoon ook voorsorgmaatreëls tref om hulself van UV strale te beskerm.
Mense wat met die genetiese kondisie Albinisme leef het ‘n gebrek aan velpigmente en gevolglik uiters ligte vel en moet veral ekstra spesiale sorg neem wanneer hul in die buitelug is. Hulle loop ‘n groot risiko om velkanker te ontwikkel en vroeë opsporing is van uiterse belang sodat dit deur chirurgie verwyder kan word. Hulle moet beskermende klere en sonbrille (met beskermingsgraad van 400) dra om hul sensitiewe oë te beskerm. Dit is ook belangrik dat hul werk in ‘n skaduryke omgewing moet wees en dat hul gereeld vir sifting gaan om te monitor vir velkanker. Sonskerm is op voorskrif beskikbaar by openbare hospitale vir mense met albinisme, deur die Departement van Dermatologie.
Mense wat dink sonbeddens is ‘n veiliger opsie maak ‘n fout. Daar bestaan nie so iets soos ‘n veilige sonbrand nie – dit dui eintlik velskade aan. Die eerste gebruik van ‘n sonbed voor ouderdom 35 verhoog die risiko vir melanoom met tot 59% In 2009 is sonbeddens en verbruiningsalonne amptelik geklassifiseer as kankergewend vir menslike gesondheid (Groep 1) deur die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker (IARC). https://www.cansa.org.za/sunbed-use-causes-cancer/
Julie George, ‘n melanoom-oorwinnaar sê: “Ek dink in my onderbewussyn het ek geweet dat sonbeddens gevaarlik is, ek het net nooit geweet hoé gevaarlik nie. Ek was ook onkundig oor die aard van melanoom. Ek wens ek kon in die toekoms sien daardie tyd, die gevare werklik verstaan. Ek vind nog steeds vandag dat mense dit nie ernstig opneem nie. Ek dink hulle het, net soos ek daardie tyd, ‘n ingesteldheid van ‘dit sal nie met my gebeur nie’. Ek hoop my verhaal sal mense oortuig dat dit ‘n baie werklike lewensbedreigende risiko is.”
Hoe KANSA help
Maak ‘n afspraak by ‘n plaaslike KANSA Sorgsentrum https://www.cansa.org.za/cansa-care-centres-contact-details/ vir sifting – die FotoFinder dermoskoop bied ‘n alles-in-een en omvattende velkanker siftingstoets met kartering en ontleding van moesies aan. Maak ook gebruik van ons ‘Spot the Spot’ kontrolelys om te help met maandelikse selfondersoeke. https://www.cansa.org.za/do-a-monthly-spot-the-spot-skin-check/
Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.)
Besoek www.cansa.org.za of www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. KANSA bied meertalige ondersteuning aan op WhatsApp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati. Volg KANSA op Twitter: @CANSA, sluit by KANSA op Facebook aan: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica en LinkedIn.
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.
Dis nie die son wat velkanker veroorsaak nie, dis die sonskerm wat die mense aansmeer, saam met baie ander faktore in ons moderne samelewing.