
Waarvoor is jy geroep?
Januarie 19, 2026
Maak ‘n verskil op die gebied van jou roeping.
Die Afrikaanse Protestantse Akademie (APA) streef na die vervulling van Jesaja 58:12 deur die heropbou van gemeenskappe en die toerus van jongmense vir God se koninkryk.
Die APA wil voorkom dat jongmense op ‘n dwaalspoor beland deur hulle te lei na die ware doel en roeping wat God vir hulle het. Die instelling bied geleenthede vir die ontwikkeling van leiers in verskeie gebiede, met ‘n fokus op die sewe pilare van invloed naamlik:
- Die Kerk,
- Gesin,
- Onderwys,
- Regering,
- Kuns & Rekreasie,
- Media en laastens
- Besigheid & Ekonomie.
Die APA streef na die vorming van studente wat gegrond is in die Woord van God en toegerus is om ‘n verskil te maak in die samelewing.
Lees meer hier.
