
Vlakvark Familie-Braaier
Ons Suid-Afrikaners is mos plesierig en ‘n Boer sonder ‘n braaier is soos ‘n “bar” sonder bier – dit werk net nie lekker nie.
Dit was vir ons by VlakVark ‘n groot voorreg om in 2023 ons Familie-Braai by KragDag te kon loots en bekend te stel. Die Familie-Braai is ‘n unieke nuwe konsep alles- in-een (ingeboude) braaier. Getoets en beproef; ontbyt, middagete en aandete. Braaier, oond en warmlaaie, wat meer het jy nodig? ‘n Buitelug kook- en kuier avontuur.
Wat het gelei tot die ontstaan van die Familie-Braai?
‘n Algemene tendens tydens ‘n braai is dat die vrouens in die kombuis besig is terwyl die mans om die vuur staan en kuier. Met die Familie-Braai poog ons om die hele familie saam te betrek by die braai ervaring. Die oond bied soveel opsies wat ‘n braai ‘n heel nuwe ervaring sal maak. Maar bowenal bied hy opsies wat die hele familie betrek soos ‘n pizza braai of ‘n heerlike ontbyt – dis hoe blywende herinneringe gemaak word!
Funksie bepaal ontwerp. Ontwerp is van kardinale belang om funksionaliteit en effektiwiteit te verseker en sodoende die beste kosmaak ervaring te bied. Pizzas is die nuwe gier wat ons land beet gekry het, maar hoekom stop by pizzas? Daar is min reuke meer verleidelik as die reuk van ‘n warm brood uit die oond – opslag is daar sonde met die bure! Terwyl die brood afkoel word die spek gebraai vir die omelette – wie het gesê mens braai net in die middae of aand? Reëls is daar om gebreek- en grense om verskuif te word.
Die unieke, maar volwaardige oond
Vir die wat belangstel in ‘n multifunksionele braaier wat veelvoudige funksies kan verrig en unieke kook ervarings bied, is die VlakVark Familie-Braai die antwoord. Die oond met sy unieke lugvloei maak hom ‘n volwaardige oond wat geskik is vir enige gereg, dis of brood. Pizzas is net nog iets wat in die oond gebak kan word. Selfs vleisgeregte soos ‘n skaapboud kan in die oond gebak word. En alles wat in die oond gebak word kom standaard met die heerlike braai (woodburn) geur.
Met beurtkrag wat al hoe meer voorkom bied die Familie-Braai ook ‘n welkome oplossing vir ‘n nasionale frustrasie. Dit neem so 30 – 40 minute om die oond warm en die kole reg te kry en spoedig is daar kos op die tafel, by kerslig natuurlik – ag hoe romanties…
Maklike installasie
Die braaier is geïsoleerd wat beteken dat hy nie ingebou hoef te word nie. Al wat hy kort is ‘n voetstuk of ‘n blad om op te staan. Dit vergemaklik en bespoedig die installasie aansienlik en die koste is ‘n fraksie van die installasie koste van ‘n tradisionele braaier. Omdat die Familie-Braai los staan kan jy hom saam neem indien jy sou trek. Dis veral handig vir mense wat gereeld verplaas word in hul beroep.
Die oond is gemaak van hittebestande beton en is geïsoleerd om sodoende ‘n konstante temperatuur in die oond te verseker.
Kies die opsie wat jou die beste sal pas
Die VlakVark Familie-Braai sal ook beskikbaar wees in 3CR12 en 304 vlekvrye staal asook verskillende kleure. Vir meer inligting besoek gerus ons webblad. Ons is ook op al die vernaamste sosiale media platvorms.
Kontak Ons:
073 579 2690