Charles Phillips
Charles het na sy nasionale diensplig by die familie-ingenieurswerke aangesluit. Die besigheid het baie items vervaardig vir die mynbou-, ingenieurs-, en konstruksie bedrywe. Hier het hy waardevolle ondervinding opgebou rakende vervaardigingsmetodes asook die beginsels rakende verhitting, verkoeling, lugvloei en verskeie ander stelsels. Gewapen met 34 jaar se kennis en ondervinding is VlakVark begin en dis ons wens dat VlakVark sal bekend staan vir sy praktiese, innoverende en kreatiewe produkte asook goeie kwaliteit. Charles Phillips is dan ook die stigter en eienaar van VlakVark Kaggels. Dis ‘n maatskappy wat hom beywer vir innoverende, kreatiewe en praktiese ontwerpe. Ons het ‘n baie unieke kaggel op die mark wat warm maak soos geen ander kaggel. Ons Familie-Braai is ook ‘n totaal nuwe konsep wat ons hoop families gaan saambring en ‘n noemenswaardige uitwerking op ons braai-kultuur sal hê. Charles is geliefd deur baie, en sy geaardheid (Met ‘n goeie ondeunde streep daarby) en persoonlikheid trek baie mense aan. Hy is ‘n ambisiuese, sag-geaarde man, met ‘n groot liefde vir mense en dit wat hy doen.