Veilige en effektiewe weerligbeskerming
Daar is baie vrae oor weerlig, die onsekerheid en risiko’s van weerlig asook wat veilige en effektiewe weerligbeskerming is. Ouma se raat om vensters tydens ‘n donderstorm oop te maak of om die spieël met ‘n kombers te bedek is beslis nie ‘n oplossing nie. Ons verstaan nog min van weerlig omdat kennis oor weerligbeskerming en -beveiliging nog nie geredelik beskikbaar is nie. In Alexis se aanbieding raak hy die volgende punte aan:
- Hoe ontstaan weerlig?
- Weerligskade en statistieke.
- Risiko-analise van weerlig en mitigasie van skade.
- Wat is weerligbeskermingsisteme?
- Beaarding en verbinding.
- Stuwingsafleiers. (Surge protectors)
- Voorskou en veranderings op die SANS 10142-1 en SANS 10142-1-2 standaarde.
- Demonstrasie van ‘n nuwe weerligtoepassinge en van die Blitz-Detect.
Biografie van Alexis Barwise
Mnr. Alexis Barwise het sy baccalaureusgraad in ingenieurswese (B.Eng.) in beide elektriese en elektroniese ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit in Suid-Afrika ontvang. Hy dien tans as ‘n aktiewe lid van beide nasionale en internasionale standaarde- en tegniese komitees, soos IEC TC81, SANS 10142-1, SANS 10313. Hy is ‘n stigterslid en tans die raadsvoorsitter van die nuutgestigte Earththing & Lightning Protection Association (ELPA) en het verskeie tegniese artikels geskryf en in verskeie lande regoor die wêreld opleidingskursusse in weerlig- en stuwingsbeskerming aangebied. Terwyl hy vir Schneider Electric, ‘n wêreldwye spesialis in energiebestuur, gewerk het, vervul Alexis talle rolle as elektriese ingenieur. In 2012 is Alexis aangestel as besturende direkteur van DEHN Africa en in 2017 is hy aangestel as gebiedsdirekteur vir DEHN & SOHNE vir die Amerikas, die Midde -Ooste en Afrika, waar hy blootgestel is aan verskillende standaarde, ontwerpfilosofieë en tegnologieë. Hy dien tans in verskeie nasionale en internasionale standaarde- en tegniese komitees, soos IEC TC81 en SANS 10142, en is die voorsitter van die SANS 10313. Gedurende sy loopbaan het Alexis ‘n diepgaande kennis opgedoen as elektriese ontwerpsingenieur, stelselsingenieur en weerligbeskermingsingenieur in verskillende bedryfssektore.
Onderstaande aanbieding oor weerligbeskerming het tydens die Sakeliga KragDag 2021 Ekspo in die Raadsaal plaasgevind:-