
Thuto Teach verminder die onderwysgaping en mik vir ‘n veilige basiese onderwys met ‘n sterk grondslagfase
Die wyse waarop opvoeding en opvoedkunde gedoen word, het verander en ons moet aanpas ten einde te kan groei en floreer. Tuisonderrig het ‘n groot deel van Suid-Afrikaners se lewens geword en daar is baie goeie tuisskoolprogramme. Daar is egter nie baie beskikbaar in voorskool- of kleuterskoolopleiding nie terwyl onderwys in die grondslagfase van kardinale belang is. Meer as 63% van kinders in Suid Afrika kry egter nie voorskoolse opleiding nie.
Deur die Thuto Teach-program bied ons hulpmiddels en afrigting, deur die gebruik van die basiese beginsels in voorskoolse onderwys en ontwikkeling, aan. Hierdeur kan u verseker dat u al die inligting het wat u benodig ten einde die kleingoed in u sorg die beste basis te gee om hulle voor te berei vir formele skoolopleiding.
Met ons program lei ons moeders, kinderoppassers, oumas en au pair’s op om in staat te wees om kleuters meer as net basiese kindersorg te gee. Hulle sal die kleintjies kan versorg, maar ook stimuleer met klein en groot motoriese ontwikkeling, asook beweging, roetines, stories en liedjies. So word ‘n vaste grondslag gelê wat hulle voorberei vir hul formele skoolopleiding.
Ons program bied ook die geleentheid vir entrepreneurs om hul eie sentrum vir vroeëkinderontwikkeling in hul gemeenskappe te begin. Dit kan help om ‘n inkomste te genereer en om in ‘n dringende behoefte te voorsien in gemeenskappe waar die ontwikkeling van voorskoolse opleiding vir kinders ontbreek.
Thuto Teach bied ook geleenthede vir besighede en privaat persone wat wil help, deur ‘n skool in nood te borg, by wyse van die “Thuto Teach Skoolpakket-program” vir voorskoolse opleiding te verskaf en om sodoende die skool te ondersteun.
Ons is ook betrokke by gemeenskaps-uitreikingsprogramme waar ons opleiding bied vir versorgers in gemeenskappe waar daar nie ‘n vroeë kinderontwikkeling program is nie. Dit gee versorgers die geleentheid om hul gemeenskappe te help, asook om die kleingoed in die gemeenskap te leer en op te hef. Dit voorsien die gereedskap om onderrig aan te bied aan die kinders die gereedskap om ‘n grondslag te lê wat hulle voorberei vir Hoër Onderwys.
Michelle, eienaar van Thuto Teach, het begin met ‘n paar produkte wat sy ontwikkel het om moeders tuis te help om met hul kleintjies te speel en te leer. Die leuse “Leer deur spel,” is ‘n term wat in die onderwys en sielkunde gebruik word om te beskryf hoe ‘n kind kan leer om sin te maak van die wêreld om hom. “Wetenskaplikes het vasgestel dat dit ongeveer 400 herhalings neem om ‘n nuwe sinapspatroon in die brein te skep – tensy dit met spel gedoen word, in welke geval dit tussen 10 en 20 herhalings duur. “- aldus Dr Karyn Purvis.
Sally het by Thuto Teach aangesluit met haar 24 jaar voorskoolse onderwyservaring. Sally is ook opgelei in “Trauma Release Exercises”. Tesame het hulle die desperate pleidooi vir vroeë kinderontwikkeling aangevoel en het vervolgens ‘n program en instrumente ontwikkel om hierdie probleem een kind en een skool op ‘n slag aan te pak. Hulle visie is om aan soveel as moontlik kinders die beste moontlike geleentheid te bied vir onderrig wat begin by die lê van ‘n grondslag, voordat die kinders met hulle formele skoolopleiding begin.