Digitale vaardighede in die vierde industriële revolusie.
“Help Oupa met sy rekenaar asseblief”. Wat aanvanklik begin het as ‘n versoek om hulp, word toe ‘n interessante sinergie-debat oor progressiewe ontwikkelings vanaf vorige eras na die huidige digitale era. Ná ‘n oorsig, ‘n opgradering, ‘n kliek hier en ‘n verstelling daar, verduidelik kleindogter Andrea vir Oupa Ben hoe sy data in die “wolk” sit en oor die veilige gebruik van sy slimfoon en skootrekenaar.
So verloop oupa se storie van hoe hy vaardighede moes afleer en nuwes aanleer van “Toe ek jonk was…” as jong ambagsman tot selfs nou tydens sy aftrede. Ouma laat ook nie op haar wag nie en deel in die gesprek van hoe sy met ‘n elektriese tikmasjien meer gedoen kon kry en hoe sy latere jare ‘n sertifikaat in “rekenaarprogramme” gaan doen het. Ouma kon slegs 4 vakke op skool neem en moes ook gedurigdeur nuwe vaardighede aanleer. ‘n Interessante, dog uitdagende tydperk vir albei generasies in hul verskillende beroepe – studies en lewens wat moes aanpas met verloop van die 2de, die 3de en uiteindelik na 4de Industriële Revolusie.
Alhoewel daar in die middel- 1900’s vanaf die tegnologiese na die digitale revolusie beweeg is, moes daar, veral in die laaste dekade, weer na die 4de Industriële Revolusie, naamlik outomatisering beweeg word. Vir die huidige generasie lewer dit, soos met vorige generasies, ook sinergieë op – nuwe onbekende beroepe, uitdagings en vrae wat oor opleiding gevra word. Die belangrikheid van “leer, afleer, herleer” oorheers ook hierdie gesprek.
Met ‘n wêreld, geanker in die 4de Industriële Revolusie en wat nou op die rand van die 5de Industriële Revolusie (5IR) staan, lei gesprekke na vaardighede en inklusiwiteit, waar die gonswoorde, “coding and robotics”, gehoor word. Hierdie gegons oor kodering en robotika is opvallend. Met inagneming van die beskikbare “terabyte-data” is nuwe terme verwarrend en met tye misleidend. Ongelukkig bestaan ‘n algemene wanpersepsie, wat soms as disinformasie aangebied word, dat: “as ek nie kan kodeer nie, gaan ek die wêreld ongeletterd betree”.
Maar waarom al die sensasie rondom programmering? Dat kodering ‘n vaardigheid vir “nerds” is, het in die afgelope klompie jare verander met die hulp van navorsers, maar ook deur bekendes, soos Barack Obama, wat 4-miljoen dollar in 2014 beloof het om rekenaarwetenskappe in skole te implementeer.
Nietemin, digitale vaardighede word deesdae wêreldwyd as vanselfsprekend beskou. Dit is noodsaaklike sleutelvaardigheid wat vanaf ‘n jong ouderdom bemeester moet word, ten einde verskeie velde en leerfases te kan betree. Navorsing vind dat studente wat digitale vaardighede aanleer, verskeie bykomende vaardighede moet aanleer wat belangrik is in 5IR om van ‘n “verbruiker” na ‘n “skepper” te kan beweeg.
Om digitale vaardighede by onderrig in te bring, het belangstelling regoor die wêreld gewek. Studies toon die kritiese belangrikheid wat dit vir beide opvoedkundige en sosiale ontwikkeling het en dat dit reeds tydens vroeë ontwikkeling suksesvol en met groot pret geïmplementeer kan word. Navorsing beklemtoon dat dit nie net is om ‘n poel geskoolde programmeerders of ingenieurs te skep om in die behoeftes van die toekomstige arbeidsmark te voorsien nie, maar dat studente ook in staat gestel moet word om digitale tegnologie te gebruik ten einde noodsaaklike vaardighede te ontwikkel. Die belangrikheid dat digitale vaardighede ons help om in ons tegnologie-gebaseerde samelewing van ‘n “verbruiker” na dié van ‘n “skepper” te beweeg, kan nie oorbeklemtoon word nie. Belangrike vaardighede word hierdeur verkry wat studente in staat stel om die impak van sulke denke op hul lewens beter te verstaan, te interpreteer en te evalueer. Digitale vaardighede lei studente op om onafhanklike burgers te word in ‘n wêreld waar tegnologie oral teenwoordig is. Dit help studente verder om hierdie aspek in die wêreld waarin ons leef beter te verstaan en om beter daarop voorbereid te wees. Kortom… dít is waarom die fokus op digitale vaardighede belangrik is. Dit is nodig om digitale vaardighede by te leer om in ‘n toenemend digitale wêreld te kan funksioneer.
Dikwels word kodering net as formules gesien en word daarom soms as vervelig beskou. Dit kan nie verder van die waarheid af wees nie – dit is werklik veel meer! Dit het ‘n nuwe geletterdheid geword, ‘n instrument met eindelose moontlikhede. In hierdie digitale wêreld word leerlinge wonderlike nuwe geleenthede gebied waar kreatiewe en sosiale ingesteldheid aangemoedig word.
Daar is beslis nie net een manier om ‘n probleem op te los nie. Hierdie buigsaamheid lei tot die verbreding van probleemoplossingshorisonne wat ‘n kind se denkvaardigheid en kreatiwiteit verbeter. Digitale vaardighede is uiters nuttig ter verbetering van verbeelding, asook analitiese, logiese en intuïtiewe denke. Dit word juis ‘n oefening vir breinontwikkeling.
Wanneer ons leer om te skryf, begin ons met oorvereenvoudigde woorde wat uiteindelik vorder tot die skryf van woordryke akademiese prosa. Digitale vaardighede, met die fokus op rekenaarwetenskappe (Computer Science) en berekeningsdenke (Computational Thinking) volg dikwels dieselfde proses. Die goeie nuus is dat studente reeds meer vertroud is met die mentortekste van programmering as wat mens besef.
Na aanleiding van hierdie benadering sal elke dag geleenthede teweeg bring om betekenisvolle en belangrike werk te skep en om studente se denkvermoë verbeter.
As u wil hê dat u studente moet ophou om videospeletjies te speel en eerder iets te skep, moet hulle die geleentheid tot kreatiwiteit gebied word. Dit sal help as jy hulle toelaat om kreatief te dink ten einde ‘n verandering in hul wêrelde te bring. Studente moet weet dat hulle dinge kan skep wat nuttig in die wêreld aangewend kan word.
Om kreatiwiteit met digitale vaardighede te bevorder, benodig deursettingsvermoë en vereis samewerking. Stel julleself bloot aan soveel digitale vaardighede as moontlik, soos hardeware, sagteware, kodering, elektronika, kunste of robotika. Kyk wat werk, wat die belangstelling is en wat nie.
Computers 4 Kids is internasionaal geakkrediteer as e-learner en is in 1995 deur remediërende onderwysers gestig met die doel om leerlinge van alle ouderdomme met rekenaarvaardighede te bemagtig. Na 26 jaar het verskeie generasies reeds blootstelling aan vele nasionale en internasionale kurrikulums gehad en toekennings daarvoor ontvang. C4K het reeds wêreldwyd die voorkeur internasionaal-geakkrediteerde en -gesertifiseerde digitale vennoot vir miljoene leerlinge, onderwysers en volwassenes geword.
Ons sien uit om deel van u digitale strategie te wees. Skakel ons gerus om uit te vind hoe om akademiese konsepte te integreer en te bemeester deur digitale vaardighede aan te leer op ‘n genotvolle en progressiewe manier. Besoek ons webblad gerus by https://computers4kids.co.za/training-centres/ vir inligting rakende tuisonderrig.