Sterlingsilwer-juwele laat my gesin finansieel oorleef
Die Covid-19-pandemie het die hele wêreld onverhoeds betrap. Ons moes blitsvinnig aan ’n nuwe normaal gewoond raak, terwyl ons deurentyd ons geliefdes, ons eie en ook ander se veiligheid in gedagte moes hou. Nie net is ons bewegings drasties ingeperk nie, maar ook die manier hoe ons met mekaar kommunikeer en selfs besigheid doen.
My naam is Maritza Kleinhans. Ek is ’n enkelouer van twee seuns wat uitdagende mediese toestande die hoof moet bied (my oudste het onder meer ’n pasaangeër, metaal hartkleppe en is serebraal gestrem). Gevolglik moes ek inderhaas planne maak vir ons om te oorleef. My kinders se gesondheid en welstand is my hoogste prioriteit, en ek het besef dat ek my fisiese winkel voortaan as ’n aanlyn winkel sou moes bedryf. Om aan te hou huur betaal sonder om oop te mag wees, het nie vir my sin gemaak nie, want geen kliënte beteken uiteraard geen verkope. Ek sou, vir ons om finansieel te oorleef, vernuwend moes dink.
Ek het besluit om ’n huidige produkreeks van 925 sterlingsilwer-juwele aanlyn aan my kliënte te verskaf. Natuurlik was dit nie ’n maklike besluit nie, en ek moes mooi dink hoe ek my bestaande kliënte bewus kon maak van my aanlyn winkel. Ek moes hulle leer om gemaklik te wees met die nuwe manier van juwele koop, want mense hou tog daarvan om juwele aan te pas en te sien hoe hulle daarmee lyk. Gelukkig is ek baie passievol oor silwer juwele. Ek het my daarop toegespits om aan my kliënte die voordele daarvan voor te hou.
Sterlingsilwer bestaan uit 92,5% silwer en 7,5% ander metale, bv. koper om dit te verhard en versterk. Dit is ook lig en duursaam. Mense heg waarde aan silwer, en juwele word van geslag tot geslag aangegee as erfstukke. Sterlingsilwer-juwele is hoogmode, tydloos, stylvol en duursaam. Dit is ook bekostigbaar, gewild en pas by enige uitrusting of velkleur. Die unieke en veelsydige eienskappe van sterlingsilwer maak dat dit tot ’n verskeidenheid ontwerpe omvorm kan word. Dit is altyd gepas as geskenke, en mens kan dit dra by enige geleentheid of kledingstuk. Dit komplimenteer selfs juwele wat van goud en ander metale gemaak word en kan saam met enige edelsteen of halfedelsteen gedra word.
Sterlingsilwer kan maklik tuis skoon en blink gepoleer word – vermy net chemikalieë. Silwer juwele moet liefs nie tydens bad- en slaaptyd gedra word nie, maar kan in ’n juwelekissie gestoor word of op ’n fluweellappie. 925 Sterlingsilwer is ook hipo-allergenies, m.a.w. dit sal selde tot nooit ’n allergiese velreaksie tot gevolg hê. Ek waarborg ook dat my juwele 100% nikkel- en loodvry is.
Ek is vandag baie dankbaar dat ek die sprong gewaag het om my sterlingsilwer juwelereeks en bykomstighede aanlyn te verkoop. Dit gaan goed met ons, en ek en my gesin oorleef finansieel in hierdie dae wanneer so baie mense finansieel ondergegaan het. Daarvoor is ek ontsettend dankbaar.
Kontak my gerus by 079 504 0528 om jou 925 sterlingsilwer-ontwerpersjuwele aan te vul. My juwele is uniek, van hoë gehalte en bekostigbaar.
Aanlyn winkel: http://www.divinedivaspamperparties.co.za/shop
Facebookblad: https://www.facebook.com/925SterlingSilverJewelleryandAccessories
WhatsApp Katalogus: Whatsapp KATALOGUS na 079 504 0528.
Ek help jou persoonlik met die bepaling van jou ring grootte. Whatsapp 079 504 0528.
Vinnige nasionale deur-tot-deur koerier aflewering teen ’n nominale fooi.
KOMPETISIE
Wen ’n R750,00 koopbewys vir juwele van 925 Sterling Silver Jewellery AND Accessories (B&V’s geld)!
1: Gaan hou van (like) en volg ons Facebook en Instagram.
Volg: @925_sterlingsilverjewellery op INSTAGRAM
Hou van ons Facebookblad: https://www.facebook.com/925SterlingSilverJewelleryandAccessories
NB: Maak seker dis die regte blad, nl. 925SterlingSilverANDAccessories
2: Vind die oorspronklike kompetisie plasing op BEIDE ons Instagram & Facebookblad.
Neem ’n selfie by ons naambord by die KragDag-ekspo, en plaas dit in bogenoemde plasings se kommentaarvelde saam met die bewoording @925_sterlingsilverjewellery & #925SterlingSilverJewelleryANDAccessories
3: Tag 5 vriendinne (Jy kry een bonus inskrywing vir elke 5 unieke vriendinne wat jy in 1 blok TAG.)
4: Deel die plasing na jou eie tydlyn.
5: Vir 20 bonus inskrywings – Onder “Community Tab”, “Invite All Friends to this Page” op Facebook.
Maak seker jy kies regte blad – https://www.facebook.com/925SterlingSilverJewelleryandAccessories
6: Skryf in vir ons nuusbrief by https://www.divinedivaspamperparties.co.za/shop vir 5 bonus inskrywings.
7: Whatsapp jou selfie met jou naam en van ook na 079 504 0528 vir 5 bonus inskrywings
Jy mag deelneem soveel keer jy wil. Bepalinge en voorwaardes kan gelees word op die oorspronklike kompetisie-plasings op sosiale media.
Maritza