Wil jy meer uitvind oor winsversnelling?
In hierdie onderhoud wat Tiekie Papenfus van Boermedia met Fergus Ferguson van Fergusmor voer, word gedagtes gewissel oor die gevolge van die Covid-pandemie en die belangrikheid van entrepreneurskap. Waaroor gaan entrepreneurskap? Dit gaan in die eerste plek oor vryheid. Vryheid om dit wat vir jou belangrik is uit te leef. Tyd saam met jou gesin en die mense wie vir jou belangrik is. Dit gaan ook oor die vermoë om terug te ploeg in jou gemeenskap en dit gaan om finansieel vir jouself en jou gesin te kan voorsien. ‘n Belangrike aspek wat dikwels nie aan gedink word nie, is dat entrepreneurskap die geleentheid bied om ‘n langtermyn bate met ‘n inherente waarde op te bou wat eksponensieel kan groei! Dit word dus ‘n persoonlike belegging wat ‘n baie groot en groeiende rendement bied.
Hoe het die pandemie entrepreneurs geraak? Alhoewel die pandemie op sekere kleinondernemings ‘n vernietigende effek gehad het, is daar tog ander ondernemings wat goed gedoen het. Daar is dus ‘n entrepreneuries-gewys ‘n lewe in die grendelstaat. Enige oopkop-sakeman sal daarby baat om na nuwe maniere te kyk om besigheid te doen. Een so ‘n manier is WINSVERSNELLING waaroor Fergus ‘n aanbieding in die Sakelika KragDag Raadsaal gaan doen.
Kom luister gratis na Fergus Ferguson van Fergusmor se aanbieding, Winsversnelling vir oopkop-sakemane. Kom besoek die Raadsaal tydens Sakeliga KragDag 2021 op Vrydag 15 Oktober vanaf 10:30 tot 11:00