Spaar elektriese krag en groei jou besigheid

Elke besigheidseienaar het ‘n beperkte hoeveelheid hulpbronne. Om hierdie hulpbronne sinvol en doeltreffend aan te wend is seker een van die grootste uitdagings wat besigheidseienaars het. ‘n Logiese uitvloeisel hieruit is dat kostebesparing en energiedoeltreffendheid ‘n bestuursfokuspunt sal wees.

Vir energie-intensiewe besighede, waar die elektrisiteits-onkoste ‘n groot uitgawekomponent verteenwoordig, is daar nou addisionele motivering om stappe te neem tot energiebesparing. So ‘n geleentheid doen hom voor in Artikel 12L van die Inkomstebelastingwet. Aftrekkings en aansoekprosedure word hieronder skematies opgesom:-

 

 

Enige besigheid kwalifiseer vir hierdie aftrekking en kan daarvoor aansoek doen. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die koste van die verslag aan SANEDI ook in die besluit om aansoek te doen oorweeg moet word. Indien die koste van die aansoek meer is as die aftrekking teen belasbare inkomste, is dit nie die moeite werd om die aansoek te bring nie.

Indien die kostevoordeel wel die moeite werd is, kan die besigheid ‘n welkome kontantvloei hupstoot uit twee oorde kry, naamlik ‘n besparing aan elektrisiteitskoste en ook op belasting.

Ons kan die volgende gevallestudie as voorbeeld gebruik:

Besigheid A vervaardig plastiese produkte en gebruik jaarliks 1 000 000 kWh elektriese energie. Bestuur besluit om nuwe toerusting aan te koop wat ‘n besparing van 200 000 kWh teweeg sal bring. Die besigheid maak jaarliks sowat R2 miljoen wins.

Besparing  =  Energie gebruik (norm)  –  Energie gebruik (na implementering)

                     = 1 000 000 kWh – 800 000 kWh

                     = 200 000 kWh

Koers = R0.95 / kWh

Totale aftrekking = 200 000 kWh  x R0.95/kWh

                                    = R190 000

 

‘n Besparing van R53 200 aan belasting kan dus te weeg gebring word wat nie die besparing aan elektrisiteitskoste insluit nie.

Artikel 12L van die Inkomstebelastingwet maak dit net nog meer aanloklik om energie-doeltreffend besigheid te doen.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Lammert Stavast
  • Lammert Stavast

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui