Slim watervlakbestuursoplossing by die KragDag ekspo terrein
Fontana Software het sy basis in Pretoria en het meer as 25 jaar ondervinding in ‘n wye verskeidenheid van bedrywe en toepassings. In die outomatiseringsruimte verskaf ons ons Smart Automation stelsels, wat insluit slim outomatisering, slim toegangsbeheer- en slim elektrisiteitsmetingoplossings.
Ons is trots daarop dat een van ons slim outomatiseringsoplossings óp die KragDag ekspoterrein loop!
Slim watervlakbestuursoplossing by die KragDag ekspoterrein
Wanneer jy KragDag besoek, word die terrein se water wat jy gebruik, outomaties bestuur en beheer deur ons slim watervlakbestuurstelsel!
Watervlakke in die terrein se watertenks word gemonitor deur ultrasoniese watervlak sensors. Daarvolgens word boorgatpompe en elektroniese waterkleppe outomaties beheer volgens opgestelde reëls om die watervlakke in die tenks te hou volgens konfigureerbare instellings. Ons stelsel gebruik LoRa-tegnologie om draadloos te kommunikeer met die kleppe, watervlaksensors en pompskakelaars.
Die stelsel bevat ons Smart Automation paneel – ‘n enkele, geïntegreerde venster om die stelsel te monitor, beheer en outomatiseer – sowel as interaktiewe kaarte wat die status van pompe, kleppe en watertenks in werklike tyd toon, en watervloei aandui; toestelle kan handmatig beheer word deur op hulle op die kaart te klik.
Hier is meer oor wat ons doen…
Slim outomatisering
Slim outomatisering is die maklike manier om jou huis, besigheid, fabriek en/of plaasstelsels van alle soorte vervaardigers te beheer, monitor en outomatiseer, alles in een toepassing – dit skakel die behoefte uit vir verskillende toepassings om verskillende stelsels en toestelle te monitor en beheer. Die oplossing bied ware intelligente outomatisering en integrasie van sensors en toestelle wat verskeie soorte outomatisering vir gemak, gerief, monitering, kragbestuur, watervlakbestuur, energie-effektiwiteit, sekuriteit en nog baie meer moontlik maak. Dit is webgebaseerd en toeganklik van enige plek in die wêreld, deur net jou selfoon of persoonlike rekenaar te gebruik. Dit is maklik om te gebruik, eenvoudig en aanpasbaar om te implementeer, met volle ondersteuning en kliëntvriendelike diens teen ‘n redelike prys. Dit is plaaslik (in Suid-Afrika) gebou met die doel om ons kliënte in staat te stel om verbeterde vlakke van doeltreffendheid, produktiwiteit en kostebesparing te bereik. Ons slim outomatiseringsvermoëns sluit, onder andere, in:
• Integrasie met LoRa-stelsels
• Hekke, deure, en ligte
• Elektriese kragbestuur met integrasie in ‘n wye reeks omskakelaar-stelsels
• Integrasie met Geyserwise
• Geiser waterskadebeskerming
• Watervloei-meting
• Reënmeting
• Gasvlak-monitering
• Kameras
• Voertuigopsporing
Slim toegangsbeheer
Die slim manier om fisiese toegang tot hoë-sekuriteit omhulsels en elektrisiteitskiosks maklik te bestuur. Dit bied veilige afstandsmonitering en beheer van al die organisasie se omhulsels/kiosks via die web of mobiele toep, met ’n algehele oorsig oor die status en ligging op ‘n kaart van elke omhulsel/kiosk. Ons gebruik konfigureerbare slim elektro-meganiese slotmeganismes, met verskeie beveiligde opsies vir die oopmaak van ‘n omhulsel, en volledige elektroniese logboeke van toegang-gebeure of gepeuter. Toegangsreëls is ten volle programmeerbaar gebaseer op tydperk, spesifieke gebruikers, area, ens.
Slim eletrisiteitsmeters
Die slim manier om elektrisiteitsvloei, gebruik en kragkrediete maklik te bestuur. Deur ‘n veilige webtoepassing te gebruik, kan jy al jou kliënte se meters afstandelik monitor en beheer. Sien oorblywende kragkrediete, voeg kragkrediete by, ontdek “krag steel”, pas kraggebruikslimiete toe en sny outomaties krag as gebruik oorskry word. Ideaal vir ladingverspreiding tydens ladingvermindering!
Vir meer inligting en details oor wat ons lewer, besoek:
https://smart-automation.co.za/
Kontak ons:
082 321 2772/3
012 809 1990
info@smart-automation.co.za
www.fontanasoftware.co.za