Rondebult Construction Machines

‘n Huishoudelike naam

Rondebult Constructions Machines is in 1995 deur Johan Duvenage gestig.  Sedertien het die naam Rondebult Construction Machines tot ‘n huishoudelike naam gegroei, wat deur verskeie kliënte regoor Suid-Afrika, Afrika en verskeie verskaffers van regoor die wêreld, gerespekteer word.

Rondebult Construction Machines is ‘n verskaffer van toerusting en masjienerie vir ‘n verskeidenheid van gebruike, insluitend mynbou, landbou, materiaalhantering, hawebedrywighede en steengroef- of sandbedrywighede. 

Buiten ons omvattende reeks masjienerie, bied Rondebult Construction Machines ook vervangingsonderdele op al ons masjienerie en ‘n moderne, toegeruste werkswinkel met hoogs opgeleide tegniese diensspanne.

Dit was nog altyd een van Rondebult Construction Machines se doelwitte om te verseker dat alle klante kwaliteit produkte teen bekostigbare pryse ontvang. Rondebult Construction Machines is nou goed gevestig as ‘n betroubare naam wat trots is op terugkerende kliënte. Ons waarborg kwaliteit – ongeëwenaard in ons bedryf.

Ons primêre doelwit bly om volhoubare, lang verhoudings met ons kliënte te bou deur die kundigheid wat ons oor die jare gebou het, toe te pas en altyd goeie diens te lewer.

 

Kontakbesonderhede:

E-pos: support@rondebult.co.za

Cell: 013 933 3643

Webtuiste: https://www.rondebult.co.za/

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Sone Saunders
  • Sone Saunders

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui