Privaatsektor = Positief

Negatiwiteit verkoop koerante — ‘n Valse Negatief
Kom ons wees eerlik — negatiewe opskrifte trek aandag. Dis nie ‘n sameswering nie, dis menslike sielkunde. Ons is ingestel om bedreigings bo geleenthede te prioritiseer. Dit staan bekend as die negatiewe vooroordeel, en dit verduidelik waarom pessimistiese nuus spontaan meer aandag kry as ’n storie oor ’n florerende besigheid in Benoni.

Maar hier is die waarheid: negatiewe nuus verkoop — en oorheers dikwels die werklikheid.

Voordat jy toelaat dat ’n opskrif jou wêreldbeskouing beinvloed, vra eerder:
A. Wie is die bron?
B. Wat is die agenda?
C. Wat is die feite?
D. Wat is die werklike effek op jou as landsburger

Ons leef in ’n land waar uitdagings werklik is, maar waar geleenthede nog meer werklik is, veral in die privaatsektor.

Statistiek: Die realiteit van positiewe privaat-besigheid in Suid-Afrika:

  • Klein en medium ondernemings dra 38% by tot Suid-Afrika se BBP.
  • Die privaatsektor verteenwoordig 47% van NUWE werkskepping in SA.
  • Meer as 50% van entrepreneurs in SA is jonger as 35 jaar oud.
  • 72% van klein en medium ondernemings het wins gemaak in FY2024.
  • Suid-Afrika is tweede gerangskik in die wêreld vir ‘Startup Ecosystem 2025’.

Die Ruggraat van die Ekonomie:
Privaatsektor = 74% van Werksgeleenthede
Suid-Afrika se ware enjin is nie in regeringsgeboue gehuisves nie, dis in industriële parke, tegnologiehubs, plase, kombuise, klaskamers en winkels regoor die land.

74% van alle werkende Suid-Afrikaners werk in die privaatsektor.
Elke faktuur, klantediens-interaksie en salaris betaal deur ’n klein besigheid, dra direk by
tot ons direkte en indirekte omgewing, hier in ons almal se tuisland, Suid-Afrika.

Ons wag nie vir die regering om dinge reg te maak nie.
Ons vat dinge in ons eie hande, ons bou, ons los op.
‘n Baie relevante beginsel is die bekende 90/10-reël. Wat verwys dat ‘n mens se lewe bestaan 10% uit dinge wat gebeur en 90% uit hoe jy daarop reageer en ons as Suid-Afrikaans, is ‘n fantastiese voorbeeld hiervan, hoe baie [90%] ons uitkyk op ons land, ekonomie, geleenthede, en privaat besigheid.
In Suid-Afrika wag ons nie — ons innoveer.

Positiewe Belegging in Suid-Afrika is ‘n realitiet — en groei ook
Ten spyte van negatiewe opskrifte, vloei buitelandse direkte beleggings [FDI] steeds na Suid-Afrika. Groot internasionale maatskappye soos Amazon en Heineken het uitbreidings van miljarde rand aangekondig. In die waagkapitaalruimte [Venture Capital] alleen is meer as R3.8 miljard in 2023 in vroeë-stadium SA besighede belê — ’n 17.8% toename teenoor 2022. Buitelandse ontwikkelingsfinansieringsinstellings en fonds-van-fondse speel ook ’n toenemende rol wat beteken dat ons as die privaat sektor, meer en meer relevant word, nie net in die wereld van plaaslike beleggings nie, maar internasionaal.

Statistiek: Die realiteit van onlangse beleggings in Suid-Afrika:

  • Saoedi-Arabië: Meer as $5 miljard in beleggings sedert 2023, insluitend R7 miljard in energie en water, en R22.8 miljard vir Barloworld.
  • Ajlan & Bros: Begin ’n $500 miljoen platinumraffinadery in Limpopo.
  • Europese Unie: €4.7 miljard belegging vir skoon energie en nywerheidsontwikkeling.
  • Europese Beleggingsbank: €200 miljoen lening aan FirstRand vir hernubare energie.
  • Actis [VK]: Koop Swiftnet se torings vir R7 miljard vir digitale uitbreiding.


Fokus op wat Jy Kan Beheer
Die toekoms van Suid-Afrika lê nie in die hande van die media of politici nie — dit lê in die hande van entrepreneurs. Beheer jou produk, jou diens, jou span en jou kontantvloei. Jou kans op sukses is beter as wat die nuus insinueer, en dis bewys.

Die waarheid? 88% van vroeë-stadium besighede in Suid-Afrika misluk weens interne redes — nie as gevolg van die regering of beurtkrag nie.

Statistiek: Hoekom misluk vroeë-stadium besighede in Suid-Afrika?

  • Swak kontantvloeibestuur – 30%
  • Swak bemarking / klantverkryging – 21%
  • Geen beplanningsraamwerk – 18%
  • Leierskapspan / spanuitdagings – 11%
  • Prys / produk wanpassing – 8%
  • Eksterne makro faktore – slegs 12%

Fokus op wat jy kan beheer. Vier die klein suksesse. Doen beter as gister.
Wees die entrepreneur wat die koerante mis, maar wat die geskiedenis onthou.

Entrepreneurskap in Suid-Afrika leef — en groei. Volgende keer as iemand sê ‘niks werk nie’, sê vir hulle:
Negatiwiteit werk ook nie.

Viva Privatisering.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
heinrich
  • heinrich

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui