PretoriaFM se aanlyn-koerantalternatief groei snel

Aan die einde van 2024 het die gedagte ontstaan om ’n e-publikasie te begin wat die leemte kon help vul wat deur die verdwyning van gedrukte Afrikaanse koerante gelaat is. Die vraag wat die meeste gevra is, was eenvoudig: waarom? Die antwoord was duidelik. Afrikaans het ’n platform nodig wat soos ’n koerant voel, met ’n voorblad, kommentaar, sport en inhoud wat lesers ernstig opneem en die taal se plek in die openbare gesprek versterk.

Met die totstandkoming van Nuusweek het ’n wye netwerk van bydraers, kenners en lesers saamgestaan om ’n onafhanklike publikasie te bou wat nie die hoofstroom navolg nie, maar gemeenskapsbelange dien. Deur kritiese vrae te vra, lesers aktief te betrek en weekliks inhoud van hoë gehalte te lewer, het Nuusweek binne ’n jaar ’n lojale gevolg opgebou en groei dit steeds as deel van ’n groter visie om onafhanklike Afrikaanse inhoud na elke huis te neem.

Lees meer oor Nuusweek.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui