Opregtheid en waarheid word aan die gasvryheidsbedryf toegevoeg

“Give Me Truth – Rather than love, than money, than fame, give me truth. I sat at a table where were rich food and wine in abundance, and obsequious attendance, but sincerity and truth were not; and I went away hungry from the inhospitable board.” – Henry David Thoreau (1854)

Capital Hotel School (CHS) het in Januarie 2001 sy deure in Pretoria geopen en hierdie jaar vier ons met trots ons 20ste bestaansjaar. CHS se missie is om toepaslike geakkrediteerde opleidings- en opvoedkundige gasvryheidskursusse aan skoolverlaters en persone wat reeds die werkplek betree het, aan te bied.

CHS sal altyd tydloos wees – ‘n opleidingsinstansie met ‘n moderne aanslag. Deur dekades heen koester ons steeds die legendariese grondbeginsels, tradisies en waardes waarop die gasvryheidsbedryf van vandag geskoei is.

CHS se waardes is diep gesetel in gesonde pret, integriteit, nederigheid, vrygewigheid en kreatiwiteit.

Die gasvryheidsbedryf bied ‘n wye verskeidenheid werksgeleenthede en ondanks die impak van die COVID-pandemie, is die bedryf veerkragtig en kom steeds met innoverende projekte vorendag.

Die nuwe normaal vereis multivaardige werknemers wat verskeie take kan bemeester en uit die boks kan dink. CHS se kursusse is juis so saamgestel om aan hierdie behoeftes van die bedryf te voorsien.

Die voltydse kursusse sluit in:

Hierdie kursusse ontwikkel ‘n verskeidenheid vaardighede en ons plaas ook klem op lewensvaardighede en die ontwikkeling van elke leerder se emosionele intelligensie.

CHS is geakkrediteer by:

  • Department of Higher Education and Training
  • Quality Council of Trade and Occupations (QCTO)
  • The Culture, Art, Tourism, Hospitality, and Sport Sector Education and Training Authority (CATHSSETA)
  • City & Guilds of London
  • Services Seta
  • The Education, Training and Development Practices Seta (ETDPSETA)

Waarom Capital Hotel School?

  • Ons span hoogs gekwalifiseerde fasiliteerders rig uitdagings aan leerders en inspireer hulle om uit te blink.
  • Klein, interaktiewe klasse plaas individuele fokus op elke leerder om hulle strewe na sukses te verseker.
  • ‘n Baie hoë persentasie studente vind werksgeleenthede by vooraanstaande nasionale en internasionale instansies.
  • CHS se prysstruktuur is hoogs kompeterend. Nie die goedkoopste nie, maar verseker bekostigbaar; inklusief, waarde vir geld sonder om kwaliteit in te boet.
  • Ons vaardige personeel is behulpsaam met aansoeke vir studielenings by ons kredietverskaffers en ons bied ook verskeie gestruktureerde betalingsopsies om aan u behoeftes te voldoen.

Wat is uniek aan Capital Hotel School?

CHS het ‘n aantal kenmerke wat uniek is in die Suid-Afrikaanse hotelskool-industrie, klein goedjies wat saak maak en wat ‘n verskil maak aangaande die kwaliteit van die student se ervaring.

  • Uniforms en toerusting is ingesluit by die studie-prys

Ons studente ontvang ‘n volledige formele en informele stel uniforms plus ‘n tablet vir aanlynstudies.  Geen verrassings, sodat jy in styl jou studies kan aanpak.

  • Oriënteringskamp

 Studente-lewe en gesonde pret is vir ons belangrik; ons werk hard, maar daar is ook tyd vir plesier. Ons eerste-jaartjies se 5-dag oriënteringsweek wat ‘n 4-dag wegbreek insluit, beloof om vol avontuur te wees en is ook die ideale geleentheid om jou spanmaats en CHS bestuur en dosente van nader te leer ken voordat die klasse begin.

Ons persoonlikheidstoets word met hulle terugkeer ingevul en die joviale dame wat die kleurtoets (Seeds of Inspiration) ontwikkel het, kom bied dit persoonlik op kampus aan. So, leer ons gou hoe om beter met al ons geesgenote en die CHS span oor die weg te kom. 

 CHS is die eerste hotelskool in Suid-Afrika wat selfgerigte leer sedert 2017 ten volle geïmplimenteer het. Dit behels ‘n mengsel van klaskamer-, aanlyn- en praktiese opleiding.  Die balans van 70% praktiese opleiding en 30% teorie (afhangende van die gekose vakgebied) is fyn uitgewerk om ons leerders in gesogte werknemers te omskep.

  • Plaas, Rooster, Roteer en Evalueer

Studente word aan ‘n wye verskeidenheid uitgesoekte opleidingsinstansies blootgestel om werkgeïntegreerde opleiding te ontvang. Ons plaas, rooster en roteer elke student en eksterne praktiese opleidingsinstansies word gereeld deur ons fasiliteerders besoek en geëvalueer.

  • Vry-staande kampus

Die opleidingsfasiliteite op kampus is so ontwerp om die werkplek te simuleer. Klaskamers word vinnig omskep in intieme of groot funksie-lokale, konferensies of ‘n snoesige restourant om hulle praktiese vaardighede te oefen, te verbeter en te evalueer. Ons drie kombuise sorg dat liplekker disse voorberei en bedien word deur die gretige leerders.

  • 24-uur sekuriteit en veilige parkering is op kampus beskikbaar. Die kampus is ook op al die hoofroetes van alle publieke vervoer geleë.

Toelatingsvereistes

Jy behoort nou ‘n goeie idee te hê van wie ons is en wat ons grondbeginsels is.  As jy dus ‘n meester op ‘n vakgebied in die gasvryheidsbedryf wil word, behoort Capital Hotel School jou eerste keuse te wees. Ons toelatingsvereistes is nie baie streng nie aangesien ons op soek is na passievolle, doelgerigte jongmense.  Ons kies egter net ‘n beperkte hoeveelheid kandidate per jaar na afloop van ‘n onderhoud met die student en hulle ouer/ouers.  Kontak dus sommer nou ons bemarkingspan vir meer inligting en ‘n aansoekvorm.

  • Graad 12 suksesvol geslaag – huidige Graad 12’s moet asseblief hulle Graad 11 punte en enige punte reeds verwerf in Graad 12, saam met hulle aansoek, indien.
  • Engelsvaardig – praat en skryf.
  • Rekenaarvaardig
  • Finansieel in staat om studiegelde te vereffen.

Besoek ons webwerf by www.capitalhotelschool.co.za vir nadere inligting en aansoekvorms. U is welkom om ‘n bemakingskonsultant te skakel by (012) 430 5539 of ‘n epos te stuur aan charlize@capitalhotelschool.co.za

Kom kuier gerus vir ons by ons kampus of besoek ons opedae wat hope pret beloof (maak asseblief net vooraf ‘n afspraak sodat ons u persoonlik kan ontvang: –

  • Saterdag, 26 Junie (oggend)
  • Vrydag, 30 Julie (middag)
  • Saterdag, 14 Augustus (oggend)
  • Donderdag, 16 September (middag)
  • Saterdag, 30 Oktober (oggend)
  • Vrydag, 19 November (middag)

Vir diegene wat belangstel in ons aanlynkursusse (verskeie met kontaktye), besoek ons webwerf vir meer inligting.

Ons bied ook middag-en aandklasse aan vir aspirant sjefs of huiskokke in ‘n ontspanne omgewing oor ‘n glasie wyn (of druiwesap) om jou familie, vriende of selfs sake-vennote te beïndruk met jou nuutgevonde talente

Elke uitvindsel was eers ‘n idee – glo aan jou drome.  By CHS droom ons groot en nooi jou uit om saam met ons jou drome in die gasvryheidswêreld te verwesenlik!

Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon, onderneming of instansie saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie.
0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Ronel Bezuidenhout
  • Ronel Bezuidenhout
  • Ronel Bezuidenhout, besturende direkteur en alleeneienaar van CHS, is ‘n plaasmeisie van die Alberton-distrik wat aan die Rand Afrikaanse Universiteit en UNISA studeer het. Na vele jare en verskeie titels oorspronklik by Rooi Rose en later in die gasvryheidsbedryf, het sy besluit om haar passie vir opleiding uit te leef en het in 2001 Capital Hotel School (CHS) in Hatfield, Pretoria tot stand gebring. In 2007 het CHS na ‘n persoonlike, argitek-ontwerpte opleidingsentrum verhuis, wat deel vorm van die historiese administratiewe gebou in Arcadia en ook sjefkursusse begin aanbied, na 6 jaar waartydens slegs bestuurskursusse aangebied is.
    Ronel was aan die stuur van vele gasvryheidsbewegings, onder andere the Travel Trade Sports and Social Committee, SKAL International, Châine des Rôtisseurs en was ook ‘n groepleier by Lifework Leadership; sy dien tans op die rade van die S A Culinary and Hospitality Educators Forum en die Tshwane Tourism Council.
    Haar liefde vir reis het haar al na menige lande en kulture geneem wat haar voorliefde vir kos en wyn geprikkel het.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui