Ronel Bezuidenhout

Ronel Bezuidenhout, besturende direkteur en alleeneienaar van CHS, is ‘n plaasmeisie van die Alberton-distrik wat aan die Rand Afrikaanse Universiteit en UNISA studeer het. Na vele jare en verskeie titels oorspronklik by Rooi Rose en later in die gasvryheidsbedryf, het sy besluit om haar passie vir opleiding uit te leef en het in 2001 Capital Hotel School (CHS) in Hatfield, Pretoria tot stand gebring. In 2007 het CHS na ‘n persoonlike, argitek-ontwerpte opleidingsentrum verhuis, wat deel vorm van die historiese administratiewe gebou in Arcadia en ook sjefkursusse begin aanbied, na 6 jaar waartydens slegs bestuurskursusse aangebied is. Ronel was aan die stuur van vele gasvryheidsbewegings, onder andere the Travel Trade Sports and Social Committee, SKAL International, Châine des Rôtisseurs en was ook ‘n groepleier by Lifework Leadership; sy dien tans op die rade van die S A Culinary and Hospitality Educators Forum en die Tshwane Tourism Council. Haar liefde vir reis het haar al na menige lande en kulture geneem wat haar voorliefde vir kos en wyn geprikkel het.