Onderwys het ‘n strydtoneel geword

Enigiemand wat glo dat onderwys neutraal kan wees, maak ‘n groot fout. Idees het gevolge. Aksies vloei uit gedagtepatrone. Ouers kom nie te staan voor die keuse om hul kinders na ‘n godsdienstige of ‘n nie-godsdienstige skool te stuur nie.

Alle skole is godsdienstig. Ouers moet eerder kies watter godsdiens aan hulle kinders geleer sal word. Sal dit die Christelike geloof wees, Islam, humanisme of iets anders?

Sal dit die sekulêre humanisme van die Amerikaanse staatskole wees – waar gebed onwettig is, maar waar pornografie deel mag uitmaak van die seksvoorligting sillabus? Waar evolusie ‘n geloofsartikel is, ‘n heilige koei, en wetenskaplike bewyse van die Skepping verban word? Die feite dat een uit elke tien geweldsmisdade in die VSA nou in skole voorkom, en dat daar elke jaar meer as 700 000 hoërskool leerlinge gradueer wat prakties ongeletterd is, het daartoe gelei dat Amerikaanse ouers sewe miljoen kinders uit die staatskole gehaal het. Dit wil voorkom of sekulêr humanistiese onderwys die mees effektiewe manier is om ongeletterdes te produseer, om morele standaarde te verlaag en om geslagsiektes te laat toeneem.

Sal jou kinders die revolusionêre humanisme van die mislukte sosialistiese eksperimente van Oos-Europa, Kambodja, Nicaragua, Ethiopië en Mosambiek ontvang? Die verwoeste ekonomieë en vermorste potensiaal van hierdie lande, met hulle slagvelde en konsentrasiekamp gulags, dien nie juis as aanbeveling vir “wetenskaplike” of revolusionêre humanisme nie.

Miskien sal dit die “volksonderwys” van die ANC/SAKP kamerade wees? ‘n Onderwys van politisering, goedkoop slagspreuke, clichés, papegaai krete, “vryheidsliedere”, opgehefde vuiste en die “toyi toyi” zombie dans. Die eindelose boikotte, stakings, optogte, oproer, klipgooiery, vandalisme en geweld het as produk voortgebring ‘n verlore geslag van miljoene onopgeleides, mense wat nie geskik is vir werk nie, boewe, diewe, bedelaars, oproeriges, terroriste, en “politieke aktiviste”.

Ontvang jou kinders miskien alreeds die mistiese humanisme van nuwe era okkultisme onder die dekmantel van onderwys?

Die punt is dat onderwys, in wese, godsdienstig is, omdat dit ‘n spesifieke perspektief en seleksie van geskiedenis, waardes en praktyke aanbied, en ‘n bepaalde wêreldbeeld voorskryf.

“Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.” Kolossense 2:8

Ouers kan die taak van hul kinders se opvoeding delegeer, maar nie die verantwoordelikheid daarvan nie .

Kinders behoort nie aan die staat nie. Hulle behoort aan God en word deur Hom aan hul ouers toevertrou “maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here” Efesiërs 6:4. Ouers is voor die Here verantwoordelik om toesig te hou oor die onderwysers, handboeke en sillabusse wat hul kinders se denke sal vorm en vul vir die 15 000 ure van skool onderrig. Alle Christen ouers behoort betrokke te wees in die Skoolbestuursrade van hulle plaaslike skole en behoort ‘n aktiewe rol te speel in die opvoeding van hulle kinders volgens Bybelse beginsels. Die beheer van onderwys behoort in die hande van ouers te wees, en die inhoud van die onderwys moet op die Bybel gebaseer wees.

“Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand.” Psalm 111:10

Hiervolgens het Die Kwasizabantu Verklaring 1991 verklaar: “5.b) Die reg om kinders na skole van die ouers se keuse te stuur (Kolossense 2:8). Omdat die opvoeding van die kinders in wese die plig van die gesin en die Kerk is, en nie die van die Staat nie, behoort ouers baie meer betrokke te raak in die ouer-onderwyser verenigings en die skool bestuursrade, selfs tot die punt waar hulle die kurrikulum beïnvloed. Staatskole behoort oopgestel te word vir die prediking van die Evangelie en behoort hul kurrikulum te baseer op morele en gesinswaardes. As die nuwe dispensasie ‘n skoolstelsel instel wat dit verwerp, behoort Christen ouers aangemoedig te word om na alternatiewe te kyk, wat ‘n terugkeer na Christen provaatskole sal insluit.”

Met onlangse verwikkelinge van die onderwys in Suid-Afrika – met stappe om die lees van die Bybel, gebed en die sing van gesange by byeenkomste te verbied, neem toenemend meer ouers hul kinders uit die staatskole en draai na privaat Christenskole en tuisonderrig.

“En hierdie woord wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.” Deuteronómium 6:6-9

Dr. Peter Hammond

Die volgende artikel is ‘n hoofstuk uit die Bybelse Beginsels vir Afrika boek, geskryf deur dr. Peter Hammond.  Hierdie boek kan deur Christian Liberty Books bekom word.

Om meer te sien oor die oorspronklike Engelse weergawe, Biblical Principles for Africa, klik hier.

Hierdie boek kan verkry word vanaf:

 


Kom luister gratis na Dr Hammond se aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Donderdag 9 Augustus tussen 14:30 en 15:30 in die Raadsaal op die KragDagterrein. Die titel van die aanbieding is: “The Battle for Faith, Family and our Future in Education”

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Dr. Peter Hammond
  • Dr. Peter Hammond
  • Dr Peter Hammond is in Kaapstad gebore, het in Rhodesië groot geword en is ‘n baanbreker-sendeling in van die wêreld se ergste oorlogsgebiede. Sedert sy bekering in 1977 het hy bediening in vervolgde kerke gedoen asook evangelisasie-uitreikings van stapel gestuur in Mosambiek, Angola, Soedan, Rwanda, die Kongo en in Nigerië. Tydens sy sendingaktiwiteite, is hy gevang in hinderlae, het hy onder lugvaart- en artillerie-bombardering deurgeloop, is hy met ‘n mes gesteek, op geskiet, deur bendes geslaan, in hegtenis geneem, toegesluit en gemartel ter wille van Christus. Dr Hammond is die stigter van Frontline Fellowship, die Reformation Society, Africa Cristian Action, die William Carey Bible Institute en die Henry Morton Stanley School of Christian Journalism. Hy het verskeie boeke oor verskillende onderwerpe geskryf soos: Faith Under Fire in Sudan, Holocaust in Rwanda, In the Killing Fields of Mozambique, The Greatest Century of Missions, Biblical Principles For Africa, The Greatest Century of Reformation, Answering Skeptics, Old Testament Survey, Sketches from South African History, Victorious Christians – Who Changes the World, The Ten Commandments – God’s Perfect Law of Liberty, The Chaplains Handbook en Secutity and Survival Handbook. Peter en sy vrou Lenora is tuisskoolouers van 4 kinders. Hy het gehelp met die vestiging van meer as 100 Christelike skole en talle Bybelkolleges regoor Afrika. Hy het ook duisende Bybels, Nuwe Testamente en ander Christelike boeke na kommunistiese en Moslem lande gesmokkel en versprei.

2 Comments

  • waar het julle aan hierdie inligting gekom ?!
    waar in hierdie wéreld is n skool of n land of n staat wat pornografie in skole sal toelaat ?????
    dis n onderwerp wat in totaliteit verbode is, oortreders word in die hoogste howe swaar gestraf !!!!
    dus verkondig julle n klomp snert aan n klomp liggelowige afrikaners !!
    ek reken julle behoort dus ook vir hierdie artikel voor die hof gedreig te word, en die persoon daarvoor verantwoordelik moet met die hoogste denkbare vonnis gestraf word.
    mens mag nie so lieg nie !!!
    sies man, mens word naar om dit te lees !!
    julle is n bewys dat die regdenkende suid afrikaners die land in hulle massas verlaat, en die wat oorbly is soos julle van denke.
    sonder enige insig of hoegenaamd enige kennis !!!!!

  • yes. i am waiting for a reply !!!

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui