
Libertariese beskouing, watter invloed het dit op belasting en die vestiging van infrastruktuur? – ‘n KragDag Raadsaal-voorskou
Kom luister gratis na hierdie aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Donderdag 9 Augustus tussen 13:30 en 14:30 in die Raadsaal op die KragDagterrein.
Aanbieder:
Adv. Peter O’Halloran is die aanbieder. Peter is ‘n Libertariër wat sy filosofie uitleef. Peter het die oortuiging dat die owerheid en groot besighede neig om individue en individualiteit te versmoor. Hy is ‘n onafhanklike belastingregspraktisyn en praktiseer in Suid-Afrika en Botswana, hoofsaaklik teen belasting-owerhede. Peter was reeds suksesvol in belastingsake in die hooggeregshof sowel as in die Botswana-appélhof.
Peter wil graag oor sy filosofie praat en vertel hoe Libertariërs kan aanpas in die huidige bedeling.
Opsomming:
In die aanbieding word die volgende vrae beantwoord …
- Wie en wat is ‘n Libertariër?
- Wat is ‘n Libertariese Utopia en word hierdie visie gemeenskaplik deur alle Suid-Afrikaners gedeel?
- Redes word gegee waarom geglo word dat die Libertariese beskouing die beste filosofie is.
- Sou die Libertariese beskouing wêreldwyd aanvaar word, wat sou die invloed hiervan op Suid-Afrika wees?
- Soos sake tans staan … kan ons in Suid-Afrika, ons ideale uitleef en bereik?
- Hoe afhanklik is ons van die oppergesag van die reg … en wat is dit presies?
- Indien die oppergesag van die reg bedreig sou word, watter praktiese stappe kan ons neem ten einde onsself te beskerm?
- Belasting-minimalisering in kort.
- Diversifiserings-strategieë – in Afrika en ook internasionaal.
Verskillende grondwethofuitsprake word ontleed ten einde die punte hierbo te beklemtoon.