Dr. Peter Hammond

Dr Peter Hammond is in Kaapstad gebore, het in Rhodesië groot geword en is ‘n baanbreker-sendeling in van die wêreld se ergste oorlogsgebiede. Sedert sy bekering in 1977 het hy bediening in vervolgde kerke gedoen asook evangelisasie-uitreikings van stapel gestuur in Mosambiek, Angola, Soedan, Rwanda, die Kongo en in Nigerië. Tydens sy sendingaktiwiteite, is hy gevang in hinderlae, het hy onder lugvaart- en artillerie-bombardering deurgeloop, is hy met ‘n mes gesteek, op geskiet, deur bendes geslaan, in hegtenis geneem, toegesluit en gemartel ter wille van Christus. Dr Hammond is die stigter van Frontline Fellowship, die Reformation Society, Africa Cristian Action, die William Carey Bible Institute en die Henry Morton Stanley School of Christian Journalism. Hy het verskeie boeke oor verskillende onderwerpe geskryf soos: Faith Under Fire in Sudan, Holocaust in Rwanda, In the Killing Fields of Mozambique, The Greatest Century of Missions, Biblical Principles For Africa, The Greatest Century of Reformation, Answering Skeptics, Old Testament Survey, Sketches from South African History, Victorious Christians – Who Changes the World, The Ten Commandments – God’s Perfect Law of Liberty, The Chaplains Handbook en Secutity and Survival Handbook. Peter en sy vrou Lenora is tuisskoolouers van 4 kinders. Hy het gehelp met die vestiging van meer as 100 Christelike skole en talle Bybelkolleges regoor Afrika. Hy het ook duisende Bybels, Nuwe Testamente en ander Christelike boeke na kommunistiese en Moslem lande gesmokkel en versprei.