‘n Prettige program om jou baba se ontwikkeling ‘n hupstoot te gee
Babastimulasie – die gonswoord
Die definisie is maklik en eenvoudig: Aktiwiteite en ervarings wat jou baba se gevoel van sig, klank, aanraking, smaak, reuk, vestibulêre stelsel en propriosepsie wek of stimuleer. Stimulasie help om jou baba se aandagspan, geheue, nuuskierigheid en senuweestelselontwikkeling te verbeter. Die stimulering van jou baba se sintuie sal hom in staat stel om vinniger ontwikkelingsmylpale te bereik, asook die ontwikkeling van motoriese vaardighede. Studies dui daarop dat babas wat vroeër onafhanklik gestimuleer word, skerper en selfversekerd is. Hulle deel ook natuurlike sosiale vermoëns en is baie meer aanpasbaar in die lewe.
Baba-breinontwikkeling
In die eerste jaar van ‘n baba se lewe groei en ontwikkel hul brein meer as wat dit ooit weer sal. Gedurende hierdie tyd is daar “geleentheidsvensters” waar sekere dele van die brein ‘n klein hupstoot van ontwikkeling ervaar as die regte stimulasie en insette gegee word, byvoorbeeld daar is ‘n paar maande wanneer ‘n baba veral vatbaar is vir die ontwikkeling van lewenslange visuele persepsievaardighede of die verkryging van taalvaardighede. As hierdie vensters van geleentheid gemis word, is dit baie moeiliker om daarvoor op te maak in latere jare indien daar ontwikkelingsvertragings was. Ons brein is vol neurone – selle wat die boodskappe tussen dele van die brein deur biochemiese reaksies dra – om inligting te ontvang, te verwerk en oor te dra. Hoe meer hierdie sinaptiese verbindings geoefen word, hoe sterker sal die bedrading wees.
100 Miljard breinselle word gevorm gedurende baba se ontwikkeling tydens swangerskap en vanaf geboorte tot 18 maande kom verbindings tot en met 1 miljoen per sekonde voor. In die vyfde week van swangerskap ontwikkel die brein, en dit is een van die organe wat nooit ophou ontwikkel tot die dag dat jy sterf nie. Hoe vroeër ons ons brein “voed”, hoe beter. ‘n Baba se brein weeg gemiddeld 300g by geboorte, op die ouderdom van 3 weeg dit 1.2kg en uiteindelik 1.4kg as ‘n volwassene. Die breingroei in die eerste jaar is ongelooflik!
Die vierde trimester vir jou baba
Die eerste 3 maande van jou baba se lewe mag voel soos ‘n mengelmoes van vuil doeke, opgooi en min slaap, maar daar is ‘n oorvloed van aktiwiteite wat plaasvind op ‘n sellulêre vlak, en jy sien eerstehands al die ontwikkeling en veranderinge. Teen die tyd dat ‘n pasgebore baba die 3-maande mylpaal tref, het hulle ‘n klein mensie geword met ‘n ontluikende persoonlikheid, nuuskierige gedagtes en basiese motoriese vaardighede. Intussen is daar baie wat jy gaan doen om die ontwikkeling wat plaasvind te ondersteun.
Daar is ‘n belangrike rede waarom Karp glo babas word te gou gebore – ‘n pasgebore baba se senuweestelsel en brein is nog nie heeltemal ontwikkel met geboorte nie. Dit neem tyd vir ‘n baba om daardie belangrike sinapse te skep wat hulle help om vaardighede soos glimlag te bemeester. Gelukkig kan jy hierdie breinselkonnektiwiteit aanmoedig deur tydens hierdie vierde trimester, die eerste 2 – 3 maande, met jou pasgebore baba te kommunikeer. Positiewe aanraking, vashou, sus, en verbale kommunikasie met jou baba, bevorder aktiwiteite in hul groeiende brein. Die vierde trimester lê ook die grondslag vir jou baba se voortgaande fisiese groei en spierontwikkeling.
Klein ontwikkelings sal tydens die vierde trimester begin. Vroeë maagtyd (“Tummy Time”) is een van die grootste geskenke wat ‘n mens jou baba kan gee. Maagtyd sal help dat baba die vermoë kry om hul kop op te lig en te stoot met hul arms. Tydens maagtyd vind versterking van hul vingers, elmboë, skouers en selfs polse plaas – spiere ontwikkel wat van kardinale belang in die vroeë skryfstadiums van ‘n kind se lewe is. Wat ons in die eerste paar jaar met ons babas doen, het reeds ‘n impak op hul skoolgereedheidsvermoë vir toekomstige jare.
Babas het ervarings nodig
Kinders baat by konsekwente omgewings, verhoudings en interaksies. Konsekwentheid bied herhaling wat daardie verbindings in die brein versterk. Positiewe konsekwente omgewings help kinders om vertroue, emosionele sekuriteit en veilige verbindings te ontwikkel. Konsekwente omgewings gee kinders die sekuriteit om ontspanne te voel, oop te wees vir leer, en te leer hoe om hul eie gedrag te bestuur en goeie besluite te neem. Babynastix is ‘n baba- en kleuterontwikkelingsprogram wat in samewerking ontwikkel is mét en onderskryf word déúr ‘n Arbeidsterapeut, Pediater en Spesiale behoeftes vroeë kinderopvoeder (almal is ook moeders).
Babynastix kyk diep in die lewe en brein van ‘n baba en verstaan die belangrikheid van stimulasie. Babynastix help om te verseker dat babas fundamentele vaardighede tot hul volle potensiaal ontwikkel. Dit sal die grondslag lê en verbeter vir toekomstige vaardighede soos lees, skryf, wiskunde, taal, groot motories, emosionele intelligensie en soveel meer. Ons klasse fokus op die bou van ouer/versorger-kinderverhoudings deur koesterende aanraking. Babynastix se klasse is gemik op belangrike ontwikkelingsfases in ‘n baba se eerste jare. 2 – 6 maande, 6 – 9 maande, 9 – 12 maande en 12 – 24 maande. Vir maksimum aandag fokus ons op klein groepies by lokale en skole. Deur prettige speletjies, beweging, dans en liefdevolle nabyheid word ‘n versorger gelei deur maklike volgbare roetines. Deur voort te gaan om baba bloot te stel aan hierdie roetines het ma en pa die versekering dat hul kleinding se lewenslange opvoedkundige reis gebou is op ‘n ferm fondament. Besoek ons webwerf en FB bladsye om ‘n konsessie in jou geografiese gebied te vind. Moenie ‘n dag langer wag nie –
…jy is jou baba se beste opvoedkundige speelding.
facebook/Babynastix
Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon, onderneming of instansie saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie.