Kleuter-tuisskool

Kinders is soos springmielies in ’n pot. Hulle het dieselfde olie, dieselfde hitte, maar elkeen spring op sy eie tyd.

So kan ons dieselfde insette en aandag aan twee verskillende kinders gee, maar hulle sal steeds op hulle eie tyd ontwikkel, want hulle is op verskillende tye gereed daarvoor. Mens sien dit baie by tweelinge, wanneer die een ’n fisiese mylpaal soos bv. Loop behaal voor ’n ander een. Dit beteken nie dat die ander een nie gaan loop nie, of dat hy nou “agter” is nie. Inteendeel, in 99% van gevalle, as mens mooi oplet, sal jy sien die ander enetjie is besig om ’n ander mylpaal te ontdek – bv. spraak, of hand-oogkoördinasie, of emosionele/sosiale ontwikkelling.

Wetenskaplikes en opvoedkundige kenners noem dit die Geleentheidsvenster (Window of Opportunity), Ontwikkelingsvenster (Developmental Window), die Oop-vensterperiodes (Open Window Periods), Leervensters (Learning Windows) of Sensitiewe Geleenthede (Sensitive Periods).

Dit is onmoontlik vir ’n ouer om terug te sit en wag totdat jou kind se geleentheidsvenster oopgaan, én dit is moontlik om dit te mis! So ons moet sensitief wees vir ons kind se reaksies op nuwe ervarings. Dit is hul belangstelling wat die geleentheidsvenster laat oopgaan.

Hierdie 3 wenke sal jou help om sensitief te wees vir jou kind se geleentheidsvensters:

  1. Speeluitnodigings. Wanneer jou kleuter nie by jou is nie, sit die aktiwiteit wat jy wil doen uit op ’n tafeltjie of op die grond. Gebruik ‘n “morslap” – plastiek tafeldoek of stortgordyn – om die mors te beperk. Laat jou kleuter dit nou self “ontdek”. Hou ’n ogie, maar bly uit haar pad uit sodat sy dit 100% self kan geniet.
  2. Probeer weer. As ’n betrokke aktiwiteit nie jou kleuter se aandag behou het nie, of as sy dit nie kon regkry nie, moenie opgee nie. Maak ’n nota daarvan en probeer dieselfde aktiwiteit weer 2 dae later. Jy sal verbaas wees hoe jou kleuter skielik daarvan hou óf dit skielik regkry!
  3. Rustyd. Wanneer jou kleuter ‘n slapie neem kry jy ook ‘n welverdiende ruskans.  Maar sodra jou kleuter nie meer in die dag slaap nie kan die kleuter-tuisskooldag bitter lank raak! Behou dus die roetine. Hy hoef nie te slaap in daardie tyd nie, maar hy moet rustig op sy bed sit met ‘n legkaart of ‘n boekie, of selfs ‘n lekker luisterstorie en blokkies. Geen skerms nie. Dit gaan ‘n roetine van kalmte en rustigheid in jou huis skep waarvoor jy later baie dankbaar gaan wees!

Kleuteronderrig tuis kan ’n baie groot uitdaging wees, glo my, ek weet! Maar met net ’n bietjie BEPLANNING, ’n AANPASBARE SKEDULE en GENADE VIR JOUSELF, kán dit vir ouers en kinders sommer baie pret wees.

Dit is waar Woelwater jou lewe sommer baie makliker maak met voorafbeplande, ouderdomsgepaste aktiwiteite wat reeds voorberei is. ALLES wat jy nodig het is in jou maandelikse Woelwaterboks. As ons vir jou verf stuur, stuur ons die papier om óp te verf ook!

Met 16 aktiwiteite per maand is dit die wonderlikste kurrikulum vir kleiner kleuters, en die perfekte aanvulling tot jou gekose kurrikulum vir GrR/Gr1 kinders.

Erkennings:

 

Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon, onderneming of instansie saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie.
0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Nicolene Steyn
  • Nicolene Steyn
  • Stigter en Besturende direkteur van The Educational Box Company

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui