Jaclyn Turley

Jaclyn Turley, dis ek, Babynastix Program Direkteur en Stigter. Eers was ek 'n dogter, 'n suster & 'n vriendin. Toe 'n student, 'n bemarking & advertensiespesialis & 'n reisiger. Na dit word ek 'n vrou en toe 'n mamma. Moederskap was die vonk wat my diep passie vir kinders aan die brand gesteek het. Ek keur terug na die boeke en studeer: vroeë onderwys, intervensie en inklusiewe onderwys. Ek is nou 'n passievolle verskil-maker vir kinders. Ek is onsaglik lief vir my 2 dogters; Jade & Kate. Hulle is die rede waarom my hart uit sy nate bars vir kinders se ontwikkeling. Ek glo dat ek daagliks 'n "MOEDER VAN VELE" kan wees, wanneer ek voortdurend meer oor kinders leer & daardie kennis oordra aan ons Babynastix & Monkeynastix konsessiehouers. Ek het ongeveer 7 jaar gelede die Babynastix-kurrikulum ontwikkel & noem myself uiters geseënd om kort daarna by die Monkeynastix span aan te sluit. Ek is hals oor kop verlief op reis, veral langs verskillende kuslyne, ek is mal oor klere koop en koffie. Ek hou van sushi en is mal oor pugs, ja, daardie vreemde liefdevolle klein hondjies. My vriende & familie is my beleggings... maar bowenal is ek net gefassineer deur kinders & is 199% daartoe verbind om in hul lewens te plant deur gesinne regoor die wêreld te bemagtig & aan te moedig.