Landbouminister noodsaak litigasie deur te weier om regsposisie te stel oor BKS

Op 26 Januarie 2026 het prokureurs namens Sakeliga, SAAI en Vrystaat Landbou die DA minister van landbou, John Steenhuisen, in kennis gestel dat hulle geen regsbeletsel kon vind wat boere en ander private partye sou verhinder om bek- en klouseer-entstowwe aan te skaf en toe te dien nie. Hulle het daarop aangedring dat die minister skriftelik verklaar of hy met hulle saamstem al dan nie en, indien nie, dat hy die regsgronde vir sy standpunt uiteensit. Die minister het egter versuim om voor die sperdatum, op 30 Januarie 2026, te antwoord. Sakeliga gaan nou die hof nader om minister Steenhuisen se klaarblyklik oneerlike en roekelose hantering van die siekte uit te wys, die vermoedelik onregmatige verbod te hersien en tersyde te stel, en om verdere of alternatiewe regshulp aan te vra soos van toepassing. Lees meer hier.

www.sakeliga.org.za

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui