Kragdag Gemeenskap
‘n KragDag een maal ‘n jaar is net nie meer goed genoeg nie: As gevolg van ‘n behoefte by baie van die KragDag besoekers en belanstellendes het die KragDag span besluit om ‘n paar inisiatiewe van stapel te stuur ten einde jou toerusting vir ‘n selfstandige lewenstyl nie te beperk tot die paar dae van die jaarlikse KragDag ekspo nie, maar om reg deur die jaar jou by te staan in jou reis na selfstandigheid met inligting, opleidingsgeleenthede, produkbekendstellings en ’n klankbord- en ondersteuningsnetwerk, om so vir jou groter waarde te ontsluit in die KragDag gemeenskap.
Dit sluit ‘n verskeidenheid moontlikhede in soos seminare, webinare, kortkursusse, ‘n webjoernaal (blog) en ‘n forum oor selfstandigheid. Om die beste waarde en onderlinge skakeling en uitruil van ervarings en wenke moontlik te maak stel ons boonop ‘n KragDag klub in die vooruitsig, wat behalwe vir afslag geleenthede vir KragDag georganiseerde byeenkomste ook die vooruitsig bied van interessante uitstappies en byeenkomste wat sentreer rondom die tema van selfstandigheid.
Goeie idee
inderdaat n goeie idee!!