KragDag 2021 uitstaller: Alpha Security & Alarms

Dit voel werklik soos ‘n kort tydjie. Tog is dit reeds 35 jaar gelede dat Alpha Security & Alarms in 1986 “gebore” is.

Dit was in reaksie op verbruikers se behoefte aan meer as net ‘n wag met ‘n hond, wat destyds, die enigste teenvoeter was wat die veiligheidsbedryf aangewend het om misdaad te bekamp.  Dit is skokkend dat ons nou moet erken dat misdaad ‘n harde werklikheid in ons daaglikse bestaan ​​geword het.

Die onderneming is deur die eienaar, mnr Moolman in Augustus 1986 tot stand gebring.

Sy visie was om ‘n omvattende sekuriteitspakket te bied in ‘n formaat wat, ten opsigte van sekuriteit en finansies, by die kliënt se behoeftes pas. Mnr  Moolman het altyd, sedert die besigheid se ontstaan, altyd die aspek van kwaliteit, bo vinnige uitbreiding, beklemtoon.

In 1995 her Dr Dalgety by Mnr. Moolman se onderneming aangesluit en het in 1996 ‘n mede-aandeelhouer geword. Tans is Dr Dalgety die verkoops- en bemarkingsdirekteur van die onderneming.

Deur die jare het Alpha Security & Alarms reeds verskeie hoogtepunte beleef. Dit is beslis ‘n prestasie om ‘n paar keer as finaliste vir die prestige toekenning, “Business of the Year Awards”, genomineer te word. Alpha Security and Alarms het reeds twee keer hierdie toekenning gewen.

KUNSKUNDIGE INTELLIGENSIE GAAN OOR OORSIG MET TOEGEVOEGDE WAARDE

Ons dink gewoonlik aan bewakingskameras as digitale “oë”, wat na óns kyk of ná ons kyk – afhangende van jou siening. Maar in werklikheid is dit meer soos deurgate – slegs nuttig as iemand daardeur kyk. Soms beteken dit dat ‘n mens na lewendige opnames kyk, wat gewoonlik uit verskeie videostrome bestaan. Die meeste bewakingskameras is egter passief. Hulle is daar as ‘n afskrikmiddel, of om bewyse te verskaf as daar iets verkeerd loop.

Maar dit is vinnig besig om te verander. By wyse van kunsmatige intelligensie kan die kamera se digitale brein by hul “oë” pas wat hulle in staat stel om die lewendige video intyds te kan ontleed sonder dat menslike insette benodig word.  Alpha Security & Alarms bied aan jou hierdie intelligente, eenvoudige en inklusiewe oplossings en produkte!

Alpha Security & Alarms neem vanjaar deel aan die KragDag-ekspo wat gehou word op 14, 15 en 16 Oktober. Kom besoek hulle by stalletjie nommers 15 en 16 en kom kyk wat beskikbaar is om jou sekuriteitsbehoeftes doeltreffend en effektief te bevredig.

Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon, onderneming of instansie saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie.
0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui