Verbeter sekuriteit met Kunsmatige Intelligensie

PROMOSIE-ARTIKEL

Dit voel werklik soos ‘n kort tydjie. Tog is dit reeds 36 jaar gelede dat Alpha Security & Alarms in 1986 “gebore” is.

Dit was in reaksie op verbruikers se behoefte aan meer as net ‘n wag met ‘n hond, wat destyds, die enigste teenvoeter was wat die veiligheidsbedryf aangewend het om misdaad te bekamp. Dit is skokkend dat ons nou moet erken dat misdaad ‘n harde werklikheid in ons daaglikse bestaan ​​geword het.

Die onderneming is deur die eienaar, Mnr. Moolman in Augustus 1986 tot stand gebring. Sy visie was om ‘n omvattende sekuriteitspakket te bied in ‘n formaat wat, ten opsigte van sekuriteit en finansies, by die kliënt se behoeftes pas.

Mnr. Moolman het altyd, sedert die besigheid se ontstaan, die aspek van kwaliteit, bo vinnige uitbreiding te alle tye beklemtoon.  In 1995 het Dr. Dalgety by Mnr. Moolman se onderneming aangesluit en het in 1996 ‘n mede-aandeelhouer geword. Tans is Dr. Dalgety die verkoops- en bemarkingsdirekteur van die onderneming.

Deur die jare het Alpha Security & Alarms reeds verskeie hoogtepunte beleef.  Dit is beslis ‘n prestasie om ‘n paar keer as finaliste vir die prestige toekenning, “Business of the Year Awards”, genomineer te word.  Alpha Security and Alarms het reeds twee keer hierdie toekenning gewen.

Kunsmatige Intelligensie gaan oor oorsig met toegevoegde waarde

Ons dink gewoonlik aan bewakingskameras as digitale “oë”, wat na óns kyk of ná ons kyk – afhangende van jou siening. Maar in werklikheid is dit meer soos deurgate – slegs nuttig as iemand daardeur kyk.

Soms beteken dit dat ‘n mens na lewendige opnames kyk, wat gewoonlik uit verskeie videostrome bestaan.  Die meeste bewakings kameras is egter passief.  Hulle is daar as ‘n afskrikmiddel, of om bewyse te verskaf as daar iets verkeerd loop.

Maar dit is vinnig besig om te verander.  By wyse van kunsmatige intelligensie kan die kamera se digitale brein by hul “oë” pas wat hulle in staat stel om die lewendige video intyds te kan ontleed sonder dat menslike insette benodig word.  Alpha Security & Alarms bied die verskaffing en installering van kamerastelsels aan met gevorderde kunsmatige intelligensie wat ideaal is vir huise, besighede, woonkomplekse, skole en openbare plekke.

Kontak ons verkoopspan vandag nog en bestel vir jou een van die beste produkte wat tans op op die mark is – die DH-IPC-HFW3549T1-AS-PV 5MP netwerkkamera, ‘n  aktiewe afskrikmiddel in volle kleur en vaste fokus Bullet WizSense.

Die DH-IPC-HFW3549T1-AS-PV kamera gebruik ‘n onafhanklike AI-vlokkie asook ‘n diepgaande leeralgoritme wat met ‘n hoë akkuraatheid op mense en voertuie fokus. Hierdeur kan gebruikers vinnig op gedefinieerde teikens reageer en die aantal vals alarms kan só verminder word. ‘n Vermindering in benodigde stoorspasie vir data word ook teweeg gebring. Sodoende word die doeltreffendheid en koste van die bestuur van die kringtelevisiestelsel verbeter.

Alpha Security & Alarms neem vanjaar deel aan die 2022 Sakeliga KragDag-ekspo wat gehou word op 11, 12 en 13 Augustus. Kom besoek hulle by stalletjie nommers 743 en 744 en kom kyk wat beskikbaar is om jou sekuriteitsbehoeftes doeltreffend en effektief aan te spreek.

Kontak Besonderhede

Kantoor: 011 394 1880

WhatsApp: 082 903 6500

e-pos: alpha@alphasecurity.co.za

Webwerf: www.alphasecurity.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/Alpha1986

LinkedIn: https://www.linkedin.com/company/66237488/

Instagram: https://www.instagram.com/alphasecurity1986/

Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon, onderneming of instansie saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie.

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui