KragDag 2018 Paneelbespreking oor Veiligheid
“Hoe neem Jan Alleman verantwoordelikheid vir sy eie veiligheid as die staat se veiligheidstukture gefaal het, hom in die steek gelaat het óf vir hom ‘n bedreiging geword het?” Dit was die onderwerp van ‘n Veiligheidspaneelbespreking in die KragDag Raadsaal tydens die Sakeliga KragDag 2018 ekspo.
Die deelnemers aan die paneelbespreking was Dr Peter Hammond, stigter van Frontline Fellowship; mnr Henry Geldenhuys, Adjunk-president van TLU SA asook mnr Ian Cameron, hoof van Gemeenskapsveiligheid van Afriforum. Die bespreking begin waar elke deelnemer ‘n inleiding gee oor sy perspektief rakende die gestelde onderwerp. Hierna is vrae deur die fasiliteerder en die gehoor aan die paneel gevra. Die belangrikheid van Fisiese, Sielkundige en Geestelike weerbaarheid is in die bespreking beklemtoon.
Die volledige paneelbespreking kan hieronder besigtig word. (Verskoning word gemaak dat die gehoor se vrae nie altyd hoorbaar is nie.)
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.