
Die jongste neigings by Afrika se eerste toegewyde internasionale ekspo vir organiese en natuurlike produkte.

Opwinding neem toe namate The Organic & Natural Products Expo Africa 2022 se eerste internasionale ekspo gereed maak om sy deure vir die publiek oop te maak vanaf 21 tot 23 Oktober by The Deck, Wanderers-stadion, in Johannesburg.
Hierdie ekspo is die eerste van sy soort op die vasteland en sal ‘n verskeidenheid natuurlike en organiese produkte en dienste van plaaslike en oorsese vervaardigers, verskaffers, invoerders en uitvoerders ten toon stel. Besoekers kan verwag om aanbiedinge van Namibië, Swaziland, Zambië, Tanzanië en Wes-Afrika te sien.
Volgens die geleentheidsorganiseerder John Thomson, Besturende Direkteur van SA Trade Promotions (SATP), het beplanning lank terug reeds begin en momentum groei soos die ekspo nader kom, ‘n dag ná Wêreldvoedseldag. “Ons is baie opgewonde oor die ekspo, want dit is die eerste platform waar ondernemings en verbruikers die nuutste neigings in organiese en natuurlike produkte kan sien en ervaar. Ons het wyd en syd met die industrie betrokke geraak om ‘n geleentheid te lewer wat toeganklik is vir soveel maatskappye as moontlik, groot sowel as klein” het hy gesê.
Met meer as 100 uitstallers wat verwag word, sal die ekspo duisende besoekers lok wat op soek is na produkte wat gesond en volhoubaar is. “Verbruikers gebruik toenemend hul koopkrag om gesondheid, welsyn en die omgewing voorkeur gee, en dit maak die tydsberekening van hierdie Ekspo baie gunstig aangesien dit onder een dak ‘n vertoonvenster is wat vir Suid-Afrikaners beskikbaar is” het Thomson gesê.
Groei in organiese produkte
Die ekspo kom op ‘n tyd waar daar hernieude belangstelling is vanaf verbruikers vir organiese en natuurlike produkte. Die Covid-19-pandemie het nie net die swakhede in wêreldwye voedselvoorsieningskettings uitgelig nie, maar ook bewustheid gekweek oor die gesondheids- en omgewingsgevolge van voedsel.
Studies toon aan dat organiese en natuurlike produkte selfs meer gewild gaan word. Daar word gemeld dat wêreldwyd, ten minste 70% van verbruikers neig om aankope te doen op grond van of daar minder gevolge op die omgewing sal wees; en 41% is selfs bereid om meer vir só ‘n aankoop te betaal.
‘n Interaktiewe geleentheid
Volgens Thomson sal daar ’n verskeidenheid vermaak vir besoekers wees. Demonstrasies, werkswinkels en ‘n aanbiedingsteater is alles deel van hierdie gebeurtenis. “Ons aanbiedingsteater sal regdeur die vertoning aangebied word ten einde beste praktyke en nuwe ontwikkelinge te demonstreer.” Hy sê verder: “Ons het met die bedryf in gesprek getree om nie net hul produkte te kom vertoon nie, maar om ook hul kundigheid en kennis saam te bring om te deel.”
Soek die wurms
Perpetual Kindness bied ‘n interaktiewe werkswinkel in hul stalletjie aan waar hulle oud en jonk alles leer oor wurmboerdery. Cherese Nel, die Besturende Vennoot sê daar sal demonstrasies gegee word oor hoe om ‘n boerdery te begin, vermikompos te maak en organiese vrugte en groente te kweek. Hierdie interaktiewe werkswinkels, wat elke dag om 09:00, 11:30 en 14:00 plaasvind, help om die produksie van voedsel te verduidelik en hoe sommige boerderymetodes die omgewing beter beskerm as ander.
Om te kook of nie om te kook nie
Die HTA School of Culinary Art, ‘n internasionaal geakkrediteerde sjefskool, sal daagliks kulinêre demonstrasies aanbied met organiese en natuurlike produkte. Natuurlik en organies hoef nie oorweldigend of moeilik te wees nie. Word geïnspireer deur die skool se skepping van heerlike disse en ontmoet ‘n paar bekende sjefs soos die amusante Chris Forrest asook Carien van Tonder van die skool. Kyk hoe hulle smaaklike disse optower wat organies van oorsprong is en wat voorberei is met ‘n geen-vermorsing eindresultaat.
Kaartjies vir die Expo is aanlyn beskikbaar of kan met aankoms met Snapscan, Zapper of kredietkaart gekoop word. Bone fide-besigheidsbesoekers word uitgenooi om aanlyn aansoek te doen vir komplimentêre besigheidskaartjies. Vir meer besonderhede oor die geleentheid besoek: https://www.organicandnaturalportal.com/expo/
Die KragDag gemeenskap kan R50 spaar op toegangskaartjies, deur die koeponkode KRAG-O&N te gebruik wanneer kaartjies aangekoop.