
Die PlantPod®-stelsel
INLEIDING
Die PlantPod® is ʼn esteties kompakte hidroponiese stelsel wat min energie gebruik en wat vir die huismark asook vir kommersiële gebruik ontwikkel is.
Die PlantPod® is ideaal vir die groei van groente en gewasse met ‘n fyn wortelstelsel soos bv. Lusern, ‘n groot verskeidenheid van kruie en ook slaaie. Waterverbruik word beperk tot slegs wat die plant nodig het. Die minimum hoeveelheid water gaan sodoende verlore of word vermors.
EIENSKAPPE
- Die PlantPod® is ‘n vertikalestelsel wat met die huidige konfigurasie, 28 plante kan huisves in ʼn 2m kophoogte pypstelsel.
- Die PlantPod® is kompak, en benodig ‘n klein vloer-oppervlak van slegs ongeveer 0.5m2.
- Die ontwerp van die PlantPod® is aantreklik, en die reservoir kan geverf word om by enige omgewing of dekor te pas.
- Die unieke podstelsel verhoed dat die plante se wortels uitdroog indien die krag van tyd tot tyd sou afgaan en veroorsaak ook dat die plant se wortels so nou en dan lug kry.
- Die reservoir of basis van die stelsel is van versterkte sement vervaardig om gewig en stabiliteit aan die stelsel te gee. Die gewig van die basis verhoed dat die stelsel maklik sal kantel en dat kinders dit nie sal kan omtrek nie.
- Die reservoir se kapasiteit is ongeveer 35l water, waarvan die gewig verder bydra tot die stabiliteit van die stelsel.
- Die stelsel is ontwikkel vir geringe onderhoud en dit is net nodig om die watervlak, pH, en voeding een of twee keer per week na te gaan.
- Die PlantPod® gebruik min elektriese krag aangesien die pomp op ‘n tydskakelaar werk. Die pomp kan ook opsioneel aan ‘n sonpaneel gekoppel word.
PlantPod®-stelsel
Die stelsel bestaan uit die volgende komponente:
- Sement reservoir
- 2m pyp met 28 geïntegreerde PlantPod® bakke
- 28 net potte
- 32 “coir” houers
- Pomp
- Tydskakelaar
- Voeding
ONTWERPSMETODIEK
Die ontwerpers van PlantPod® het baie jare ontwerpsondervinding. Die konsepontwerp het bykans twee jaar gelede begin. Die teorie van stelsel-ingenieurswese was van die begin af toegepas om sodoende die PlantPod® tot ‘n beproefde produk te ontwikkel.
Verskeie konsepte is bestudeer ten opsigte van area-benutting, waterverbruik, kragverbruik en effektiwiteit tydens kragonderbrekings. Die stelsel is maklik integreerbaar, het ‘n lae onderhoudkoste en is effektief en doeltreffend in terme van die kweek van die plante.
Die PlantPod® is ‘n geïntegreerde outonome stelsel wat aan al die bogenoemde vereistes voldoen.
VERVAARDIGBAARHEID
Tydens die ontwikkeling van die PlantPod® stelsel is die volgende ontwerps-aspekte in gedagte gehou:
- vervaardigbaarheid,
- fokus op massaproduksie,
- eenvoud van die komponente
- dat “van-die-rak-af” komponente gebruik word ten einde die stelsel eenvoudig en versienbaar te maak.
Standaard 110mm PVC pype is vir die regop struktuur gekies vir rigiditeit en ultravioletbestandheid. Industrialisasie van die stelsel was voortdurend in ag geneem om ontwikkelingstyd tot die minimum te beperk. Die reservoir, wat as die basis van die stelsel dien, maak die PlantPod® uiters kompak.
POTENSIËLE KOPERS
Die PlantPod® is ontwikkel met die kweker van slaai en kruie as teikenmark. PlantPod® is uiters geskik om op klein en beperkte spasies opgerig te word ten einde die kweker in staat te stel om op ‘n konstante basis vars groente en kruie tot sy beskikking te hê.
PlantPod® is in verskillende groottes beskikbaar wat by die produksiebehoefte, van die privaat tot kweker tot kommersiële boere, aangepas kan word. Enkelpyp-, dubbelpyp- en trippelpypstelsels sowel as 6m lengte pype kan met die PlantPod® geïntegreer word.
PLANTE, VOEDING EN VERSORGING
Alle plante met fyn wortelstelsels kan in die PlantPod® verbou word. Blaarslaai en spinasie groei veral vinnig en word maklik teen honger slakke beskerm.
Daar is twee metodes wat tans gebruik word om die plante te groei nl. om die saad in ʼn “coir” houer te plant of om klein saailinge direk in die “netpot”, wat deel vorm van die PlantPod® , te plant. Beide metodes is getoets en was bewys om suksesvol te wees.
Die plantvoeding word direk in die water opgelos en word deur die stelsel na elke planthouer gevoer. Die hoeveelheid voeding wat toegedien moet word, verskil van plantsoort tot plantsoort en die konsentrasie van die voeding word bepaal deur die elektriese geleiding van die water te meet nadat die voeding by die water gevoeg is.
Die pH van die water is net so belangrik en moet op ‘n gereelde basis gemeet word. Indien die pH nie die regte waarde het nie, sal die plante nie die voeding optimaal opneem nie. Die plante moet ook gereeld vir enige peste en siektes ondersoek word.
Kom besigtig die PlantPod®-stelsel by die Sakeliga KragDag Ekspo vanaf 8 – 10 Augustus 2019 en vind uit hoe dit gebruik kan word om jou eie groente te kweek – selfs in ‘n woonstel!
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.