
Die dag toe Karli besef het koninklike diens is werklik
As daar 1 ding is wat elke Suid-Afrikaner weet, is dit dat wanneer dit reën, stortreën dit en wanneer dit stortreën, breek daar altyd iets.
Dit was 1 van daardie tipiese Hoëveld-middae: Warm, taai en dit het gegons met die belofte van ‘n donderstorm. Karli, ‘n jong onderwyseres wat pas klaar was met haar merkwerk vir die dag, het uiteindelik haar skoene uitgeskop toe sy dit hoor… Daardie onmiskenbare gesuis van ‘n geiser wat die gees gee.
Water het vinniger deur die plafon begin drup as wat jy ‘o gats’ kan sê. Maar in plaas daarvan om rond te hardloop met ‘n emmer, het Karli iets belangrik onthou: Haar King Price-polis het met emergency assist gekom. Sy het toe haar foon gegryp, 0860 50 50 50 geskakel en 9 gedruk.
‘Hallo Karli,’ het die kalm stem aan die ander kant gesê, ‘moenie bekommerd wees nie, ons sal so gou as moontlik iemand na jou toe stuur.’ Blitsvinnig was ’n professionele loodgieter op pad. Die koning se span het ‘n eis ingedien en die volle onkoste gedek (Karli moes net haar bybetaling betaal). Teen die tyd dat die storm uitgesak het, was die water gestop, en die enigste ding wat gedrup het, was die koffie uit Karli se koffiemasjien.
Die volgende oggend het sy weer haar polis nagegaan en besef hoeveel daardie enkele oproep haar gespaar het…
Later daardie week wou haar kar buite die skool nie aanskakel nie. Nog ‘n oproep na die koning, en woerts-warts, is hulp na haar gestuur. Hy het ’n vinnige ondersoek gedoen, haar kar aangeskok, en sy was terug op die pad. So eenvoudig soos dit.
Van gebarste pype tot pap batterye, van geisers tot ‘ag nee’-oomblikke op die snelweg, het Karli iets geleer wat elke King Price-kliënt uiteindelik leer: Wanneer jy deel is van die koninklike familie, is hulp regtig net ‘n oproep weg.
As jy omvattende kar-, motorfiets-, geboue- of huisinhoudversekering by King Price het, kry jy outomaties hierdie noodgeval bystand wanneer dinge skeef loop. Hier is waarop jy kan staatmaak: 
- Padbystand: As jou kar breek, ‘n pap wiel kry of jou sleutels binne die kar toesluit, sal die koning se span hulp reël.
- Ongeluksbystand: As jy in ‘n kar- of motorfietsongeluk is, sal hulle gemagtigde sleepdienste en vervoer vinnig reël.
- Mediese hulp: As jy in ‘n ongeluk beseer word, sal hulle nood mediese sorg reël en jou na ‘n nabygeleë hospitaal oorplaas.
- Huisbystand: Gebarste pype, verstopte dreine, kragonderbrekings of selfs ‘n slot wat jy nie kan oopmaak nie? Hulle sal ‘n gekwalifiseerde vakman reël om jou te hulp te snel.
Wanneer dinge skeef loop, is dit maklik om te voel asof jy op jou eie is. Maar met King Price emergency assist is hulp nooit verder as ‘n oproep weg nie. Dis vinnig, eenvoudig en betroubaar.
So die volgende keer as jou geiser bars, jou kar se battery doodgaan, of jou kombuislig verdag flikker… Onthou dat jy ‘n span professionele persone gereed het om in te gryp en dit uit te sorteer.
Kry vandag koninklike gemoedsrus. Skakel of stuur ’n WhatsApp na 0860 50 50 50, of besoek www.kingprice.co.za.
*Die bogemelde dienste is beskikbaar wanneer jou kar omvattend verseker is.
