Hannes van Heerden
Studeer aanvanklik teologie aan Universiteit van Bloemfontein. Hy voltooi BA Teologie en doen 'n Honneurs in Wysbegeerte. Hierna verander hy van rigting en gaan studeer Siviele Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria. Hierna werk Hannes by BKS waar hy beurs gehad het. Reeds gedurende die tyd by BKS raak hy betrokke in die IT wêreld. Aanvanklik met modulering en werk later vir die maatskappy Edams (in Ciprus) wat ingenieurs-programmatuur ontwikkel. Sedert sy terugkeer na Suid-Afrika is Hannes betrokke in verskillende besighede as entrepreneur. Hannes het 'n wye belangstelling in tegnologie en hoe dit die individu en gemeenskappe bemagtig in ’n wêreld wat toenemend gereguleer word. Hy is 'n gereelde spreker op Pretoria FM oor tegnologie.
Die eksponensiële aard van tegnologiese vooruitgang, kan ’n hele industrie onherkenbaar verander. Dit is veral waar, wanneer ontwikkeling op verskille…
In hierdie klankgreep uit Marianne Breytenbach se Uit die Hoed program op Pretoria FM bespreek Hannes van Heerden hoe jou motor oor tien jaar gaan lyk…