Hernubare energie – die besparingsrevolusie
PROMOSIE-ARTIKEL
Is jy op soek na ‘n energie-oplossing om besigheidskontinuïteit te verseker, afhanklikheid van die netwerk se krag te verminder, energiekostes te verlaag of jou onderneming se omgewingsprestasie te verbeter? Met meer as 400 gekombineerde jare se ondervinding en talle professioneel geregistreerde meganiese en elektriese ingenieurs, sal SEM Solutions ‘n oplossing bied om by die spesifieke behoeftes van jou besigheid of bedryf te pas.
Met die korrekte ontwerp en operasionele benadering is die meeste fotovoltaïese sonkragstelsels vanaf jaar een kontant-positief. Dit beteken die besparings wat deur die stelsel gegenereer word, is meer as die kostes verbonde aan die stelsel, m.a.w. die besparings betaal vir die stelsel (en meer). By SEM fokus ons op die ontwerp van stelsels en die verskaffing van oplossings wat innoverend en koste-effektief is, terwyl die langlewendheid en volhoubaarheid van die projek geprioritiseer word. Ons stelsels is ontwerp en gebou om die beste by die energiebehoeftes van ons kliënte te pas en sodoende die maksimum besparings te ontgin terwyl kostes verminder word.
Ons verstaan dat ‘n belegging in ons bedryf ‘n langtermyn-verbintenis is, daarom is ons fokus wyer as net somme en simulasies. Deur jou besigheid te verstaan, kan ons na die groter prentjie kyk en help om strategieë te bou oor hoe om ons dienste en oplossings die beste te integreer om aan jou behoeftes te voldoen. SEM se filosofie is dat die projek eers klaar is wanneer jy tevrede is. Ons lewer al vir 25 jaar lank hoëgehalte projekte aan ons kliënte.
SEM Solutions heg met trots ‘n 12 jaar waarborg op vakmanskap aan al ons installasies. Ons gehalteversekeringsbestuurder en sy span inspekteer en beoordeel elke installasie om dieselfde vlak van hoë kwaliteit vakmanskap op al ons projekte te waarborg. Aan die einde van ‘n projek sal jy die nodige tegniese opleiding oor die stelselkomponente en die werking van die aanleg ontvang, tesame met ‘n omvattende handleiding oor die werking en instandhouding van jou stelsel en komponente.
Kom besoek ons vir kundige advies by vanjaar se KragDag by staanplek nr. 286 om met een van ons ingenieurs te gesels. Ons sien uit om jou te ontmoet en te help om die winsgewendheid van jou besigheid te verhoog.
Hooffoto: SEM Solutions se 367 kWp Sonkrag PV-installasie vir Elsenburg in Stellenbosch.