Waar is jou kind in 2040?

Dis ’n vraag wat jou as ouer diep laat dink. Hoe lyk jou kind se plek in ’n wêreld wat vinniger verander as ooit tevore? Sal hulle gereed wees vir ’n werksmark wat vandag nog nie bestaan nie en vir uitdagings wat ons nie eens kan voorsien nie? Die pynlike werklikheid is dat ons huidige skoolstelsel eenvoudig nie toegerus is om kinders voor te berei vir hierdie onbekende toekoms wat veel meer van hulle gaan vereis as wat ons nou kan voorsien nie.

Daarom is dit so belangrik om vandag reeds jong breine te ontwikkel om lewenslange leerders te word wat uitnemendheid verstaan en nastreef. Dis presies wat ons by MOS Wêreldwyd, Die MOS Inisiatief se aanlyn tuisskool diens, doen.

MOS Wêreldwyd is die aanlyn tuisskool van die toekoms wat een-tot-een aandag, selfgerigte leer en toekomsgerigte vaardighede ’n prioriteit maak – in Afrikaans. By MOS Wêreldwyd kweek ons leerders wat lief is vir leer, krities kan dink, probleme kreatief kan oplos, goed saam met ander kan werk en uitstekend kan kommunikeer – kritiese vaardighede wat jou kind gaan benodig om die toekoms met selfvertroue binne te gaan.

IEB-eksaminering word gevolg en leerders werk daagliks saam met ’n span kundige leerbestuurders op ’n digitale platform waar aanlyn onderwysers ook een-tot-een terugvoer oor leerderpogings, menings en kennis gee. MOS Wêreldwyd is gefokus op leerders vanaf graad 4 tot 11 en verseker leerderbetrokkenheid met die beginsels van selfgerigte leer. Ons werk daagliks om nuwe konneksies in jong breine te vorm en die brein te ontwikkel soos ’n sterk en geoefende spier.

Gee jou kind vlerke om in hul moedertaal sukses te behaal en die toekoms met ’n stewige grondslag tegemoet te gaan.

Hierdie artikel word met trots gebring deur MOS Wêreldwyd Aanlyn Tuisskool, ’n borg van die EduXplore Noord Ekspo 2025.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
MOS Wereldwyd
  • MOS Wereldwyd

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui