
Tuisonderwys bied dalk die geleentheid tot sukses wat die kinders van Suid-Afrika nodig het.
Sedert die begin van wêreldwye pandemie is baie gesinne in ‘n tuisskoolsituasie gedompel weens grendelstaatregulasies. Verskeie menings oor tuisskoling het hierdeur aan die lig gekom, soos die vraag of ouers in die vermoë is om hulle kinders te kan opvoed en of dit net onderwysers is wat gekwalifiseerd genoeg is om kinders te leer. Hierdie artikel doen ‘n ondersoek na navorsingsresultate wat oor tuisskoling gedoen is.
In ‘n radio onderhoud wat op Cape Talk met Prof. Jonathan Jansen op 14 April 2020 gevoer is het hy gesê: “This idealised notion that you can simply swap the teacher for homeschooling by a parent is nonsense. I have always been against homeschooling, because it underestimates the complexity of what it means to teach.”
Negatiewe menings rakende tuisonderwys teenoor navorsingsresultate.

In ‘n ander radio-onderhoud met Prof. Jonathan Jansen wat op 15 April 2020 op Classic Business gevoer is het hy die volgende gesê: “I personally don’t believe in homeschooling. I am against it for complex reasons, but at the moment, the assumption that a parent can be a teacher (that provides) training and support and everything that goes with it is akin to you doing vascular surgery on your kid in the kitchen. It is just ridiculous. There is a huge amount of professional knowledge and complexity both into teaching and learning and that must be respected… I just want to a little bit of a damper on the hyper enthusiastic response to homeschooling as a replacement for what teachers do in 26 000 schools every day.”
Om tuisskool met vaskulêre chirurgie te vergelyk is absurd. Geen gewone mens sal ooit probeer om so ‘n prosedure by die huis uit te voer nie. Meeste mense het genoeg gesonde verstand om nie vaskulêre chirurgie by die huis te probeer nie,en niemand moedig dit ook aan nie. Daarenteen is daar baie tuisopvoeders wat uiters suksesvol is sonder enige onderwyskwalifikasie. Sou die analogie van vaskulêre chirurgie geldig wees, dan moes navorsing ook getoon het dat tuisonderwys ‘n reuse algehele mislukking is – wat dit nie doen nie.
Bestaan daar enigsins ‘n verband tussen ‘n ouer se kwalifikasies en die suksesvolle uitkoms van tuisskoling?

Die kort antwoord hierop is, nee. Dr. Brian Ray van die National Home Education Research Institute (NHERI) het omvattende navorsing gedoen oor tuisonderwys en die verskillende faktore wat die uitkoms beïnvloed. Die volgende interessante resultate is aangetoon:
- Tuisskoolleerders presteer tipies 15 tot 30 persentasiepunte beter as studente van openbare skole op gestandardiseerde akademiese prestasietoetsing. (Openbare skole se gemiddeld is op die vyftigste persentiel met ‘n telling wat reik van 1 tot 99) ‘n Studie in 2015 het gevind dat swart tuisskoolleerders 23 tot 42 persentasiepunte beter as swart leerders in openbare skole presteer. (Ray, 2015)
- Tuisskoolstudente presteer bo-gemiddeld op prestasietoetsing, onafhanklik van die vlak van hulle ouers se formele opleiding of die gesin se inkomste.
- Kinders se akademiese prestasie het nie verband gehou daarmee of tuisskoolouers onderwysgekwalifiseerd was of nie.
- Die mate van owerheidsbeheer en -regulering van tuisonderwys hou nie verband met akademiese prestasie nie.
- Tuisskolers presteer bogemiddeld op SAT en ACT toetsing wat kolleges vir toelating oorweeg.
- Tuisskoolstudente word meer en meer daadwerklik vir kolleges gewerf.
Ouers se kwalifikasies is dus nie die deurslaggewende faktor in die kind se opvoeding nie.
Is gekwalifiseerde onderwyser(s) meer suksesvol wanneer hulle tuisonderwys aan kinders te gee?

‘n Voormalige openbare skool onderwyseres, Marietjie Ueckermann, wie self tuisskoolonderwys doen sê: “Research says NO. Historically, parents successfully taught their own children. It is the oldest form of education. Parents historically did not have qualifications to teach their children. It is/was called parenting. Qualified teachers are a product of the industrial age (which are long gone). They however still teach to the needs and the model suitable to the industrial age.”
Oor onderwys in skole tans voeg sy by: “Based on its outcomes one could argue that public education has reached its lowest point and that it failed learners miserably. Not adapting to the information era, it is still stuck in the industrial mould. Structured “qualified” education simply cannot adapt quickly enough to keep up with the ever-changing demands of the information age.”
Aan die ander kant is daar minder beperkings vir ouers wat tuisonderwys gee en hulle kan dus ‘n meer kreatiewe en ‘n minder geforseerde benadering volg om hulle kinders te onderrig op ‘n wyse wat aangepas is by die kind se behoefte, leertempo en leerstyl.
Nicky Wesson wat ‘n Grade 1 -onderwyseres by ‘n privaatskool was voordat sy self haar kinders tuis onderrig het sê: “Home school curriculums have not been designed for teachers. They’ve been designed for parents who want to teach their children, so you don’t need a qualification to be able to follow the curriculums that are out there for home schooling. For instance, one of the maths curriculums that many home schoolers use, is taught by a professor who teaches the lesson on DVD and then there’s a manual for the mom to follow. Many moms who maybe weren’t good at maths now enjoy learning maths alongside their children. If we’re not sure about something, we can go to the Internet and research it and you’re also showing your children how to look for information.”
Wat is die grootste faktor wat die sukses bepaal om ‘n kind te onderrig?

Interessant genoeg word sukses deur verhoudinge bepaal, en nie deur die leerplan nie. Weereens is dit bewys deur die navorsing van ‘n kliniese sielkundige en kundige in kinderontwikkeling, Dr. Gordan Neufeld. In ‘n onlangse artikel wat op 16 April 2020 gepubliseer is, skryf hy:
“In short, when distilled to the essence, the irreducible needs of a child are:
a) right relationships with the adults responsible for the child
b) a soft heart where a child can feel tender emotions
c) sufficient rest emotionally and from the work of attachment
d) true play where the engagement is in the activity rather than the outcome.”
Dr. Neufeld verduidelik vervolgens die ideale konteks vir hierdie kriteria en voeg by: “These are the key factors in healthy development regardless of race, religion, gender, culture or society… When these conditions exist for a child, growth happens, potential unfolds, individuality emerges, curiosity appears. The critical question is: where are these four conditions more likely to exist for a child – in a good school or in a good home? Unfortunately, we all know homes where these conditions are missing, with tragic results for the children involved. In these cases, school is certainly the better bet. But the tragedy in today’s society is that parents in fully functioning homes are believing more in what school has to offer than in what they themselves have to offer their children. They have lost confidence in themselves as being the answer to what children need most.”
Wat Dr. Neufeld dus in sy navorsing bevind het vind ook weerklank in die Aanhef tot die Kinderwet wat stel: “… the child, for the full and harmonious development of his or her personality, should grow up in a family environment and in an atmosphere of happiness, love and understanding …”
Maar wat van gesinne wat nie genoegsame hulpbronne het nie?
Prof. Mary Metcalfe het gedurende ‘n CapeTalk radio-onderhoud op 13 April 2020 die volgende gesê: “The notion of homeschooling requires access to resources and access to supervision, which is not normal in the majority of South African households. … The strong messaging that I would like to see in the public space is less about doing homeschooling or replacing what happens at school, and a greater focus on how we care [for] and protect all of our children. … How do we create for [our children] a daily routine that gives them support, structure and purpose; that will hopefully include learning to the extent that some families have access.”

Daar is meer as genoeg hulpbronne beskikbaar, waarvan die mees basiese biblioteke, boekwinkels en natuurlik die Internet is. ‘n Ander moontlikheid is om aan te sluit by ko-ops, waar gesinne hulle kinders gesamentlik kan tuisonderrig. Sou Suid-Afrika regulasies verander sodat sulke groepe, of kothuisskole (cottage schools) gewettig word, sou dit ‘n eenvoudige en doeltreffende oplossing bied om selfs meer hulpbronne aan meer gesinne te voorsien.
Bouwe van der Eems, voorsitter van die Pestalozzi Trust (‘n instansie wat bemiddeling doen vir tuisskolers ten aansien van die toepaslike wetgewing) sê: “Many cottage schools are not registered, but provide valuable services to communities, at rates that even the poorest communities can afford. Poor people are willing to pay for these schools, in order to give their children something better than public school.”
Openbare skole is nie die enigste manier om roetine en stabiliteit aan kinders te bied nie. Roetine begin immers in elk geval in die kind se huis. Dit is ook onregverdig om voor te gee dat daar beter toesig en roetine in skole is. In baie skole is daar probleme met chaos, gebrek aan dissipline en afwesigheid van onderwysers. Hierdie is dikwels die redes waarom ouers hulle kinders uit skole haal.
Moet tuisonderrig onderwysers ten volle vervang?

Natuurlik nie. Die afgelope aantal jare se klagtes van skole, dat ouers nie genoegsaam betrokke is by hulle kinders se onderwys nie, kan veel beter aangespreek word sou ouers en onderwysers saamwerk deur te herdefinieer hoe onderwys behoort te lyk. Dit mag dalk beteken meer begeleiding, meer kind-aangepaste onderrig (soos moontlik gemaak deur tegnologie) asook meer individuele aandag aan die leerder van beide die onderwyser en die ouer.
Onderwysers het steeds ‘n rol om te speel, maar metodes is besig om te verander. Skole en universiteite moet dringend aandag skenk aan agterstallige aanpassings en lank uitstaande gesprekke met meer belanghebbendes. Hulle sal ook weer moet besin oor die oorspronklike doel van die onderwys, naamlik om kinders te help om hulle potensiaal, talente en intellek te maksimeer, op die hele pad tot in volwassenheid en die arbeidsmark.
Begin u met tuisskool?
Klik op enige van die volgende skakels om u op die regte pad te plaas met hulp en nuttige wenke.
- Beginner’s guide to homeschooling
- Choosing homeschool curriculums
- Free homeschooling resources
- South African homeschool support groups
Artikel vertaal deur Deon Vosloo
Tuis- en Alternatiewe onderwys ekspo’s
Gesinne wat belangstel in tuisonderwys het ook die geleentheid om die volgende ekspo-geleenthede by te woon vir lesings, werkswinkels, advies, kurrikulums en leerhulpmiddels:
- Online Home Education Expo – Africa 2020 (Aanlyn) – 10-14 Augustus 2020
- Gauteng Alternatiewe Onderwys Ekspo 2020 (Pretoria) – 17 Oktober 2020