
‘n Alarmstelsel – hoe belangrik is veiligheid vir jou?
Die mees basiese definisie van enige sekuriteitstelsel word in sy naam gevind. Dit is letterlik ‘n manier of metode om iets te “verseker” deur middel van ‘n stelsel van interwerkende komponente en toestelle. In hierdie geval praat ons van huishoudelike sekuriteitstelsels, wat netwerke van geïntegreerde elektroniese toestelle is wat saamwerk met ‘n sentrale beheerpaneel om beskerming teen inbrekers en ander potensiële tuiste-indringers te verleen.
Gewoonlik sluit ‘n huis se sekuriteitstelsel die volgende in:
- ‘n Beheerpaneel, wat die primêre beheerder van ‘n huis se sekuriteitstelsel is
- Deur- en venstersensors
- Bewegingsensors, beide binne en buite
- ‘n Hoë-intensiteit sirene of alarm
Hoe werk ‘n sekuriteitstelsel?
- Beheerpaneel:
Die beheerpaneel kommunikeer met al die geïnstalleerde komponente, aktiveer en de-aktiveer die alarmstelsel en kommunikeer met die alarm-moniteringsmaatskappy wanneer ‘n sekuriteitsgebied gebreek word. Die stelsel het ‘n tipiese sleutelbord vir maklike programmering en interaksie. Waar ‘n wagwoord ingevoer word om die stelsel te aktiveer en te de-aktiveer, kan dit geprogrammeer word om te werk met die draadlose afstandsbeheerders (remotes).
- Deur- en venstersensors: Deur- en venstersensors bestaan uit twee dele wat langs mekaar geïnstalleer is. Een deel van die toestel word op die deur of venster geïnstalleer en die ander op die deurraam of vensterbank. Wanneer ‘n deur of venster toegemaak word, word die twee dele van die sensor bymekaar gebring, wat ‘n sekuriteitskring skep.
Wanneer die sekuriteitstelsel by die sleutelbord geaktiveer word, kommunikeer hierdie sensors daarmee deur aan te meld dat die punt van toegang veilig is. As ‘n gemoniteerde deur of venster oopgemaak word, word die sekuriteitsbaan gebreek en die beheerpaneel interpreteer dit as ‘n oortreding van ‘n veilige sone. ‘n Sirene word dan geaktiveer en in die meeste gevalle word die alarm-moniteringsmaatskappy outomaties in kennis gestel. Indien ‘n moniteringsmaatskappy nie bekostigbaar is nie, is daar ‘n opsie om jou alarmstelsel self te moniteer met behulp van jou slimfoon deur middel van ‘n toepassing en/of ‘n “GPRS/GSM” toestel wat sms’e na verskeie selfoonnommers kan stuur in geval van ‘n sensor-aktivering. - Bewegingsensors: Hierdie sekuriteitskomponente, wanneer geaktiveer, beskerm ‘n gegewe ruimte deur ‘n onsigbare sone te skep wat nie betree kan word sonder om die alarm te aktiveer nie. Dit word tipies gebruik om kamers, met waardevolle goedere te beskerm, asook die areas wat minder gereeld in groter huise besoek
word.
- Sirene: Sirenes het ‘n paar verskillende doeleindes. Hulle waarsku eerstens mense in die huis dat daar ‘n probleem is en stel terselfde tyd ook nabygeleë bure in kennis dat daar ‘n probleem is. Hulle is ook skril genoeg om ‘n inbreker af te skrik.
Hoekom buite bewegingsensors (“ogies”)?
- Buite bewegingsensors waarsku jou van ‘n indringer se teenwoordigheid, voordat hulle toegang tot die huis of buitegeboue kry. Dit verminder die risiko dat skade aan geboue aangerig word.
- Dit voorsien ook ekstra sekuriteit vir jou eiendom en besittings en is ideaal vir residensiële areas soos balkonne, patio’s, binnehowe en opritte.
Uitdagings rondom hierdie bewegingsensors
- Dit verskaf dieselfde betroubaarheid as ‘n hoë-prestasie binnenshuise bewegingsensors,maar potensiële buiteversteurings kan vals-alarms veroorsaak
- Water en ys
- Wind, stof en insekte
- Uiterste temperature (warm of koud) -35`C tot +50`C
- Sonlig
- Elektromagnetiese en radiofrekwensiesteurings
Waarom is Troeteldier-immuniteit vir sensors nodig?
- In buitelugtoepassings is dier-immuniteit noodsaaklik
- Troeteldiere en voëls bied ‘n potensiële risiko vir vals alarms
- Buite sensors moet tussen diere en mense kan onderskei
Wat is die voordele van ‘n huis sekuriteitstelsel?
Verskeie studies wys dat huise sonder sekuriteitstelsels, in vergelyking met dié met professioneel gemoniteerde stelsels, tot drie keer meer geneig is om by ingebreek te word omdat inbrekers van nature opportunisties is en op soek is na maklike teikens. Huise sonder sekuriteitstelsels is hoog op inbrekers se voorkeurlys.
As jou huis se sekuriteitstelsel professioneel gemoniteer word en dit word deur die vertoon van werftekens geadverteer, laat jy die inbrekers weet dat hulle sal misluk en gevang word.
Nog ‘n voordeel is die vermoë om jou huis op afstand te bestuur. Hiermee kan jy jou sekuriteitstelsel, tipies van oral in die wêreld via ‘n slimfoon applikasie soos reeds hierbo vermeld aktiveer. Wie jou huis binnekom en verlaat word gemoniteer. ‘n Paniekknoppie (ambulans en brandweer) kan ook gebruik word om ‘n onmiddellike reaksie van jou alarm-moniteringmaatskappy te verkry.
Meeste huisversekeringsmaatskappye bied ‘n verlaagde premie aan, indien jou huis se alarm gekoppel is aan ‘n sentrale beheerkamer met gewapende reaksie.
Wat is vir jou ‘n noodsaaklike ten opsigte van jou veiligheid? Hoe bepaal jy wat jy kan bekostig vir ‘n alarmstelsel? Kan jy ‘n prys op jou veiligheid plaas?
Gegewe die hoë misdaadsyfer in die land maak al hoe meer mense gebruik van ‘n gemoniteerde alarmstelsel. ‘n Basiese alarmstelsel kan geïnstalleer word en mettertyd opgegradeer word.
Hierdie artikel is geborg deur JHSolutions
Webwerf: www.jhsolutions.co.za
Facebook Blad: https://www.facebook.com/jhsec
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.
Ek is op soek na ‘n alarm wat ek kan access oor ‘n IP netwerk. Nie net via ‘n web blad of ‘n app nie. Ek wil ook met my home automation stelsel kan integreer. Verkieslik oor MQTT.
Ek het ‘n Paradox stelsel met ‘n IP module. Daar is ‘n tipe van ‘n integrasie, maar dit is wat iemand ge-reverse engineer het en dit werk nie heeltemal so goed nie. Na ‘n onlangse opgradering van my alarm sagteware het Paradox hulle argitektuur heeltemal verander om slegs met hulle bediener op die internet te werk. Nou is geen integrasie meer moontlik nie.
Enige voorstelle? Of as ek net ‘n IP105 module vir my alarm kan kry met ‘n sagteware weergawe kleiner as 4.0 sal dit ook baie help. Dit is nou onmoontlik om van die huidige sagteware terug te gaan na die weergawe wat nie met die Paradox internet bediener praat nie.
As die alarm paneel nie ‘n EVO 192 is nie sal hy nie kan werk nie
Jy kan jou nommer los of my ‘n lui gee
Jan-Hendrik 0761140609
More hoeveel gaan n basiese alarm stelsel kos vir buite selfdoen
Ek dink aan twee aan twee van daai Roboguard of eits soort gelyk met n alarm wat kan raas
om hulle af te skrik en nie honde optel nie
So drie weke terug het ons die Fortune op stene gekry sonder wiele eina
Dankie
GROETE
Goeie Dag, Baie Dankie vir n Goeie Artikel en bewusmaking van hoe belangrik n sekuriteitstelsel is, ek het n Paradox Alarm Stelsel in twee van my wonings met die slimfoon Applikasie, daar is net geen einde wat die stelsel kan doen nie, al my vriende en familie het ook Paradox Stelsels in, Baie Goed bestand teen veral weerlig en die stelsels is van uiterste kwaliteit wat dit Baie Goeie waarde vir jou geld gee.