MegaVoice gebruik sonkrag om hoop te versprei
Die son hou ons warm, dryf die weerpatrone en verseker lewe vir elke organisme op aarde, maar ons het meer as sonlig nodig. Ons het God se geestelike verligting nodig.
Die Psalmdigter het dit goed verstaan toe hy geskryf het:
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. – Psalm 119: 105
Tydens 2022 het MegaVoice ’n reuse mylpaal bereik toe dié internasionale organisasie sy 3 miljoenste klank-Bybel gelewer het.
Sowat die helfte van die wêreld se bevolking is sogenaamde “oral learners” – mense wat hetsy ongeletterd is of verkies om te leer deur te luister, en dít is waar klank-Bybels die grootse impak maak.
’n Voorbeeld hiervan is die plaaswerkers van Worcester wat drank en dwelms los en wie se lewens handomkeer verander wanneer hul self in die evangelies hoor hoe hul lewenswyses nie strook met dit wat Jesus ons leer nie.
Talle oumense vind hulself onverwags afgesny van die Bybel wanneer hul oë so verswak dat hul nie meer kan lees nie, die klank-Bybel maak die Woord van die Here vir hulle weereens lewendig.
MegaVoice se hoofdoel is om die Bybel toegangklik te maak vir mense wat funksioneel ongeletterd is of om een of ander ander rede nie kan lees nie.
Díe klank-Bybels wat standaard met ’n ingeboude sonpaneeltjie kom om sy litiumioon batterytjie te laai wanneer daar nie elektrisiteit beskikbaar is nie, is van onskatbare waarde op ons kontinent waar mense rondom 2000 verskillende tale praat.
In ons eie land is ons bevoorreg om die volle klank-Bybel beskikbaar te hê in al 11 amptelike tale. Ons is dankbaar dat die Bybelgenootskap die inisiatief geneem het om die Bybels te laat opneem.
In Afrikaans is beide die 1953 en 1983 vertalings beskikbaar. En in Engels is daar baie vertalings om van te kies.
Daar is verskeie organisasies wat saamwerk met die opname van klank-Bybels.
MegaVoice is ’n markplek gebasseerde bediening. Daar is nie wins op spelers nie, maar wel ’n volhoubaarheidsfooi wat ons in staat stel om onkostes te dek.
In ons eie land is dit beide individuele besighede wat klank-Bybels aankoop vir spesifieke uitreikings en sendelinge wat sien hoe effektief die klank-Bybels in hul bedieninge is en dan hul eie fondswerwingsveldtogte loots.
Kom besoek die MegaVoice stalletjie by KragDag om self hierdie klank-Bybels en ander produkte te besigtig.
of kontak murray@megavoice.co.za; 084 665 6298