
Biogas in Boerdery – is dit die moeite werd?
Op ’n plaas in Lehrte, Duitsland, herwin die twee boere Adrian Bartels en Jens Boedecker perdemis in ’n vertering-biogasaanleg vir droëmateriaal. Met hul nuwe probleemoplosser vir vaste mis wys die span boere hoe ekonomies suksesvol en ekologies volhoubaar hierdie wegdoen van perdemis kan wees.
Biogasaanlegte is weer toenemend in die fokus, veral wanneer dit kom by die ontsluiting van die energie en die potensiaal vir organiese kunsmisproduksie. Bogenoemde is geensins ‘n geïsoleerde voorbeeld in Duitsland nie, trouens byna geen boerderypraktyke in Europa of Asië gebruik nie een of ander volhoubare metode om met organiese plaasafval weg te doen nie.
Die gebruik van biogasstelsels vir boerdery is soos om ‘n wenslys vir die meeste boerderypraktyke te lees.
Dit bied koste-effektiewe en maklike verwydering van organiese afval, sonder enige derdeparty-verskaffers wat jou vir dae kan laat wag terwyl die afval, reuk en probleem dag vir dag groter word. Die verswygde probleem met boerdery is dat dit ‘n morsige praktyk is, van saaiboerdery tot veeteelt is daar baie organiese afval betrokke. Met biogas het hierdie afval ‘n waarde vir die plaas, een ton beesmis kan tot 30 kubieke meter biogas genereer wat gelykstaande is aan 18Kg VPG volgens termiese waarde, en gegewe die prys van VPG is dit baie aantreklik. Nie net is dit geredelik beskikbaar nie, maar dit val ook onder jou eie beheer. Jy word nie aan die genade van internasionale pryse en keelafsnyverskaffers oorgelaat nie, maar het ‘n vasgestelde terugbetalingswaarde op die bate. Vanuit ‘n beplanningsperspektief stel dit die boer in staat om ‘n goeie transaksie in die toekoms te beplan sonder die nare skokke wat onlangs so algemeen was. Een van die minder verstaanbare neweprodukte van die biogasproses is die organiese suspensie wat oorbly nadat die proses voltooi is. Hierdie produk is oor die algemeen ‘n onaktiewe mineraalryke water. As gevolg van sy organiese agtergrond is dit nie gekonsentreer nie en is dus geredelik bruikbaar sonder verdunning spesifiek vir grondvoorbereiding. Aangesien kunsmispryse aanhou styg as gevolg van die oorlog in die Oekraïne, is dit baie aantreklik vir boere wat alternatiewe soek.
Dit lyk alles baie aantreklik vir enigiemand in die boerderyomgewing, maar soos alle nuwe tegnologieë kan dit problematies wees om ‘n houvas op te kry. Die eerste uitdaging is om die tegnologie te verstaan en te verstaan hoe om dit doeltreffend op die plaas te gebruik. As jy op Google gaan en vir plaasgebaseerde biogasstelsels soek, gaan jy ‘n doolhof in van nie minder nie as 16 300 000 antwoorde volgens die resultate-teller en die eerste 15 daarvan is adverteerders. Hoe op aarde moet jy uitvind watter stelsel jy nodig het, wat sal die beste werk, die minste kos vir jou en jou bedryf? Net om ‘n bietjie waansin by die chaos te voeg, is daar nog die “fly-by-night”-maatskappye wat eg op die net lyk, maar in ‘n rookwolk verander sodra jou swaarverdiende geld in hul sakke is. Ek kan, gegewe hierdie omgewing, verstaan waarom so baie boere hierdie voordelige tegnologie misloop en soos normaal voortgaan met sake.
Die goeie nuus is dat Gordon Ayres, ‘n jarelange kenner op die gebied van biogas, ‘n reeks van drie eendag werkswinkels saam met KragDag gaan aanbied wat geen boer behoort te mis nie. Die onderskeie onderwerpe vir die drie dae is:
- Werkswinkel 1: What is Biogas and is it for me (Dinsdag 30 Augustus 2022)
- Werkswinkel 2: Scoping of a biogas project (Dinsdag 13 September)
- Werkswinkel 3: Installing and preparing for your biogas project (Dinsdag 27 September)
Die werkswinkelinhoud is so opgestel dat kursusganger een, twee of al drie die werkswinkels kan bywoon. Vir meer besonderhede of om te bespreek KLIK HIER.
Kom besoek ook sommer die uitstalling van AGAMA BiogasPro by Sakeliga KragDag 2022 en besigtig hulle biogas verteerder.