KragDag 2025: Wat om te verwag

Elke jaar bring KragDag mense bymekaar wat self wil bou aan ’n onafhanklike en volhoubare toekoms. Die ekspo is veel meer as net ’n uitstalling – dit is ’n plek waar besoekers inspirasie kry, nuwe vaardighede aanleer en praktiese oplossings ontdek wat hulle lewens werklik kan verander. Vanjaar se tema, “Bou ’n Nalatenskap”, daag ons uit om saam te dink oor hoe ons keuses van vandag die wêreld van môre kan vorm.

Wat kan jy sien en beleef?

  • Uitstallings: Ontdek ’n wye verskeidenheid stalletjies wat oplossings bied vir hernubare energie (son- en windkrag), wateropvang en suiwering, elektriese voertuie, robotika, hidroponika, opvoedkundige speelgoed, gereedskap vir landbou en buitelugaktiwiteite, sekuriteitsprodukte, 3D-drukwerk, batterystelsels, kooktoerusting, isolasieprodukte en nog meer.
  • Demonstrasies en aktiwiteite: Op die terrein is daar lewendige vertonings, diere en landbouuitstallings, kuierareas met heerlike kos en vermaak, asook ’n kuns- en koumark saam met Solidariteit Helpende Hand.
  • Arenaprogramme: Twee arenas bied plek vir demonstrasies, kompetisies en vertonings – perfek vir gesinne wat ’n kombinasie van pret en leer wil hê.

Die Kopskuif-ateljee

’n Spesiale hoogtepunt is die Kopskuifateljee, ’n studioervaring vol gedagteprikkelende gesprekke oor aktuele uitdagings en temas. Vanjaar sluit dit onder meer in:

  • Misinformasie en die media – wie bepaal die waarheid?
  • Suid-Afrika word deur nuwe regulasies ontwapen – wat nou?
  • Die toekoms van Afrikaans as onderrigtaal
  • Die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA
  • Kunsmatige intelligensie en vele mee

Hierdie sessies is ideaal vir almal wat dieper wil delf in die gesprek oor waar Suid-Afrika en Afrikaans heen beweeg, en hoe tegnologie en beleid die pad vorentoe beïnvloed.

Waarom moet jy kom?

  • Vir die selfdoen-entoesiaste: Leer alles oor praktiese oplossings vir jou huis, erf en boerdery.
  • Vir kreatiewe entrepreneurskap: Ontmoet uitstallers en bedryfsleiers wat jou idees en projekte kan laat groei.
  • Vir gesinspret: Interaktiewe demonstrasies, diere, lekker kos, kuierareas en ’n atmosfeer wat inspirasie bring vir jonk en oud

KragDag 2025 kombineer kennis, inspirasie, leer én vermaak in een betekenisvolle ervaring – alles binne die tema Bou ’n Nalatenskap. Kom ontdek, beleef en bou saam aan die toekoms!

Besoek www.kragdag.co.za vir kaartjies, programinligting en hoe jy kan deel wees van ‘n beweging wat nie net praat van verandering nie – maar dit aktief leef, bou en oordra om die gang van die geskiedenis te verander.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui