KragDag 2018 Paneelbespreking oor Tegnologie

Tydens die Sakeliga KragDag 2018 ekspo was die onderwerp van die Tegnologie-paneelbespreking: Die 4de Industriële Revolusie – vriend of vyand? Verskeie vrae is aan die tegnologiepaneel aan die orde gestel.

Wanneer word tegnologie vir ons ‘n bedreiging? Wanneer is tegnologie vir ons ‘n vriend wat ons help en ondersteun en vir ons nuwe geleenthede moontlik maak? Bepaal die wyse waarop ek met tegnologie omgaan of tegnologie ‘n vriend of ‘n vyand is?  Watter tegnologieë gee die toon aan om ingrypende veranderinge te veroorsaak? In hoe ‘n mate hou tegnologiese vaardighede verband met oorlewing en die kuns van menswees?

Die deelnemers aan die paneelbespreking was:

  • Andries Brink, ‘n rekenaarwetenskaplike, stigter en tans hoof-uitvoerende beampte van die Andile Groep asook direksielid van Sakeliga.
  • Prof Willie Cronje, professor in elektriese masjiene by die Universiteit van die Witwatersrand.
  • Hannes van Heerden, siviele ingenieur met ‘n wye belangstelling in tegnologie en ‘n gereelde spreker op Pretoria FM oor tegnologie.

Die bespreking begin waar elke deelnemer ‘n inleiding gee oor sy perspektief rakende die gestelde onderwerp. Die volledige paneelbespreking kan hieronder besigtig word.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui