Haarkappery en Fotografie bly groeiende beroepe
Potchefstroom Akademie, ‘n hoëronderwysaanbieder, is in 1981 op die been gebring. Sedertdien het dit gegroei tot een van Suid-Afrika se mees toonaangewende privaat tersiêre instellings van sy soort. In 2003 is The South African Academy for Hair and Skincare Technology (SAAHST) as ‘n verdere opvoedkundige aanbieder gebore, waar kundige opleiding in haarkappery-, kosmetologie- en naeltegnologie aangebied word. Dit beteken dat studente van albei instansies voordeel trek uit toegang tot die gedeelde fasiliteite, hulpbronne en kundigheid.
Potchefstroom Akademie en SAAHST bied ‘n verskeidenheid loopbaangerigte kwalifikasies asook kortkursusse aan, wat spesifiek gerig is op die ontwikkeling van vaardighede. Hulle bied nie net kwaliteit opleiding nie, maar glo ook daarin om afgeronde studente aan die mark te bied, wat ʼn reuse aanwins vir enige onderneming sal wees. By Potchefstroom Akademie word sterk entrepreneuriese vaardighede gekweek wat afgestudeerde studente in staat stel om hul eie ondernemings op die been te bring. Potchefstroom Akademie en SAAHST bied onder andere, kwalifikasies in die volgende rigtings aan:
- Haarkappery
- Somatologie
- Kosmetologie
- Interieurontwerp
- Fotografie
- Terapeutiese Aromaterapie, Massering en Refleksologie
- Kantooradministrasie en Finansiële Rekeningkunde
Haarkappery
‘n Beroep in Haarkappery is ‘n opwindende en kreatiewe reis. Selfs in moeilike ekonomiese tye, groei die skoonheidsbedryf steeds en is dit aan die beweeg. Om ‘n skoonheid- en haarsalon te hê, kan ‘n winsgewende onderneming in Suid-Afrika wees. Volgens navorsing word verwag dat die Suid-Afrikaanse haarsorg-mark jaarliks met 5,7% sal groei gedurende die periode van 2020 tot 2025. Dit is afkomstig van ‘n bedryf wat wêreldwyd reeds ‘n yslike $500 miljard dollar in jaarlikse verkope genereer.
In Suid-Afrika, met ongeveer 55 miljoen inwoners en waarvan die demografiese profiel verander, is die haarsorg-mark positief gekorreleer met ‘n styging in besteebare inkomste. Dit bied ‘n groot potensiaal in die verbruikersmark. Vroue in die land verkies ‘n groter verskeidenheid in hul haarversorgingsprodukte, van vlegsels tot weefsels, chemiese behandelings en ander drastiese stylveranderings.
Om ‘n haartegnikus te word, is dit noodsaaklik om die beste kwalifikasies en opleiding te kry om u kundigheid uit te brei. Skryf nou in by Potchefstroom Akademie en SAAHST om u toekomstige sukses op te bou.
Fotografie
Oorweeg jy dalk ʼn loopbaan in Fotografie? Navorsing toon dat die vraag na fotograwe na verwagting sal toeneem, nog meer so vanweë die verskuiwing na virtuele kommunikasie wat tans plaasvind. Die wêreldmark vir fotografiese dienste sal na verwagting jaarliks, volgens die jongste marknavorsingsverslag deur Technavio, met 5% groei vir die periode 2019-2023.
Een van die belangrikste spelers wat in die navorsingsverslag geprofileer word, is Fujifilm, digitale fotografie-pioniers, wat direk by Potchefstroom Akademie betrokke is om ons studente te leer oor hul moderne tegnologie.
Die ontelbare geleenthede vir fotograwe wissel van beeldende kuns- en leefstylfotografie tot kommersiële en wetenskaplike fotografie, afhangende van u voorkeur en kundigheid. Skryf nou in by Potchefstroom Akademie en SAAHST om toonaangewende professionele opleiding te kry, nie net in fotografie nie, maar ook in die praktiese kennis oor hoe om ‘n suksesvolle fotografiebesigheid te bedryf.
Bou aan jou toekoms en raak deel van die studentelewe by Potchefstroom Akademie. Om enige van ons opedae by te woon of om ʼn persoonlike kampusbesoek af te lê waar jy met ons dosente kan gesels, besoek gerus www.potchacademy.co.za.