Diepte, Toewyding en Groei: ATTSA se Reis van 2025 na ’n Jaar van Deurbreek in 2026

Dinah Bronkhorst

Diepte verg moeite. Soos om te grawe—om werklik dieper te gaan—vereis dit harde werk. Dit is nie altyd gemaklik nie; soms is dit seer en uitdagend. Tog was 2025 ‘n jaar van diepte waar ware begrip en betekenis gevind was.

Wanneer ons slegs na die oppervlak kyk, mis ons die waardevolle geleentheid om raak te sien wat werklik aan die binnekant gebeur en wat na buite weerspieël word. Die verskil wat ATTSA gemaak het die jaar, kom uit ’n diep plek van roeping en toewyding. Dit is sigbaar in die ATTSA projekte, sowel as in ons daaglikse werk binne die kantoor omgewing.

Om vir ’n lang tyd in die diepte te werk, kan soms voel asof ’n mens begrawe is—alleen en sonder onmiddellike nut. Tog vertel die sigbare resultate met verloop van tyd ’n heel ander getuienis: een van groei, deursettingsvermoë en die Hart. Soms kan twyfel en ongeloof die werk van God probeer verstik, maar daar is altyd ’n groter prentjie.

Anton Smith

2026 is ATTSA se jaar van deurbreek en sigbaarheid in die lig. Dit is ons RIGTING-jaar. Ons sê dankie aan elke persoon wat deel gevorm het van ATTSA se dinamika in 2025, en sien met verwagting uit na dit wat voorlê.

ATTSA doen nie net ’n werk nie—ons leef ’n lewenswyse van hulp, omgee en hoop.
Dinah Bronkhorst – ATTSA Hoof Uitvoerende Beampte

Dankie aan almal wat bygedra het tot die verskil wat ATTSA in 2025 gemaak het—en veral dank aan ons Hemelse Vader, sonder wie niks moontlik sou wees nie.

Met Diepte as ons tema in 2025, het ons betekenisvolle vooruitgang beleef. Ons is dankbaar dat ons kan terugkyk na verskeie projekte wat selfstandig geraak het, en dat ATTSA sy leuse met oortuiging kon uitleef: “Help die Helpers.”

Ons spreek ook ons opregte dank uit aan Dinah Bronkhorst en Gerhard Erasmus, my mede-direkteure, vir hul standvastige samewerking en gesamentlike poging om deur te druk te midde van talle uitdagings.

2026 hou reeds ongelooflike mylpale in vir ATTSA en al ons projekte, en ons sien met verwagting en geloof uit na dit wat voorlê.
Anton Smith – ATTSA Uitvoerende Hoof

Kyk Anton en Dinah se toesprake: Gedeelte 1 en Gedeelte 2.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui