Die stryd teen skadelike insekte

Het jy geweet dat muskiete vlieë is? Moenie skaam wees nie. Meeste mense weet dit nie. Soos alle vlieë, behoort muskiete aan die orde Diptera, wat beteken dat hulle twee (di-) vlerke (-ptera) het. Soos alle vlieë, is muskiete dan ook insekte.

Daar is meer as 3 000 spesies van muskiete. Noord-Amerika is die tuiste van ongeveer 130 van hulle. Muskiete en ander vlieë gaan deur vier fases in hul lewensiklus. Eers die eierfase, dan die larwefase, die papiefasie en uiteindelik dan die volwasse fase. Omdat die muskiet deur hierdie vier onderskeibare stadia tydens hulle ontwikkeling gaan en die larwe nie soos die volwasse muskiet lyk nie word van ‘n volledige metamorfose of holometabolisme by muskiete gepraat.

Sommige muskiete lê nie hul eiers op die water nie. U sou dalk kon vra: hoekom doen hulle dit so? Hierdie soort muskiete lê hulle eiers naby aan die waterkant óf net bokant die water se oppervlak. Wanneer dit reën, styg die water en die eiers broei uit. As dit nie reën nie, bly die eiers dormant. Sommige spesies se eiers kan vir 3 tot 5 jaar dormant oorleef in afwagting vir die water om te styg. Kom daar ‘n groot reën en die water styg dan broei hulle eiers uit.

Dikwels word gevra wat is die gevaarlikste dier op aarde? Is dit dalk haaie, leeus of slange? Nee, muskiete is daarvoor verantwoordelik dat meer as 2 miljoen mense in Afrika alleen, as gevolg van siektes soos onder andere geelkoors en malaria sterf! Maar dit geld nie net vir die muskiet nie. Terloops, van al die insekspesies op aarde is die gewone huisvlieg verantwoordelik daarvoor om die meeste siektes te versprei.

Wanneer ‘n muskiet op haar prooi gaan sit, steek sy haar monddeel, die sogenaamde suigorgaan of proboscis deur die vel. Deur middel van die proboscis word die bloed van die slagoffer opgesuig. Terwyl die muskiet ‘n stekend-suigende monddeel het, het vlieë weer lekkend-suigende monddele. Vlieë gebruik hulle monddeel om ‘n ensiem op organiese afvalmateriaal te stort wat die materiaal emulsifiseer en oplos. Die opgeloste afval word vervolgens deur die vlieg opgesuig en verteer. Net hierdie twee tipes insekte kan ‘n onnoembare aantal dodelike siektes versprei wat beheer noodsaaklik maak.

Moet dan ook nie die kakkerlak of kokkerot, soos die ou mense hom genoem het, vergeet wanneer dit by die oordra van siektes na die mensdom kom nie. Ou fabels het te vertel dat die kakkerlak eintlik ‘n baie skoon insek is wat selfs veilig sou wees om te eet!! Niks is egter verder van die waarheid af nie. Kakkerlakke word vereenselwig met toestande soos allergieë en asma en kan toestande soos enfiseem kompliseer om van ander siektes nie eers te praat nie! Patogene wat deur kakkerlakke gedra word sluit onder andere in Salmonella Typhi wat Tifus veroorsaak en Poliomyelitis wat Polio veroorsaak. Hierdie insekte kan ook Disenterie veroorsaak wat diaree met bloed tot gevolg het.

Die laaste paar jaar het ons nie werklik koue winters in Suid-Afrika beleef nie. Dit het tot gevolg gehad dat baie siekte-veroorsakende plae nie natuurlik deur die koue uitgeroei is nie. Met die goeie reën die afgelope paar maande in Gauteng het ‘n hele paar vergete insekte die afgelope maande skielik kop uitgesteek. Selfs die Mangovlieg wat 10 jaar laas in Gauteng en omgewing gesien is, is onlangs weer opgemerk.

Insectpro geïnkorporeer met HHL Tegnologie se VITAL Protection beveg nie net insekte nie, maar ook die bakterieë en virusse wat deur insekte soos muskiete, vlieë, kakkerlakke en vele en ander gedra word en wat ernstige siekte by mense veroorsaak. VITAL Protection kan help in die bestryding van siektes soos Malaria, Geelkoors, die Wes-nylvirus, Zika-virus en die Dengue-virus. Groot suksesse is in Afrika, die VSA, Kanada, Italië, Australië en selfs ook nou in Rusland behaal, waar muskietplae die mensdom teister ten spyte van die koue aldaar.

In Suid Afrika beleef ons tans ‘n nasionale waarskuwing ten opsigte van insekte, veral vlieë en muskiete wat die groot draers van talle siektes is. Ook ander goggas het kop begin uitsteek en die verhoogde voorkoms van die verskilende insekte is deur baie mense en ook kenners opgemerk.

In ons huise word die berugte vioolspinnekop en ook die honderdpoot in bespeur. Mense jaag dan winkels toe vir dodelike insekdoders ten spyte van ernstige waarskuwings teen die gebruik van hierdie middels in hulle huise, op hulself asook op hul diere – insekdoders wat mense negatief kan beïnvloed en selfs siek kan maak.

 

VITAL Protection het nie sulke newe-effekte op u self, u kinders en u diere nie. Dit is veilig om te gebruik oor u groentes en ander plante wat ‘n langer rakleeftyd te weeg bring. Verder het VITAL ook baie goeie resultate in die Equestrian-vereniging om te help in die stryd teen vlieë, botvlieë, tsetsevlieë, die mangovlieg, bosluise, vlooie en selfs myte.

Dit kan dus ook op u klerasie, tente, gordyne, beddegoed,  sitkamerstelle, tafels en nog meer aangewend word om u en u hele familie veilig te hou. VITAL Protection is boonop feitlik kleurloos en reukloos wat die gebruik daarvan meer gerieflik maak.

 

4.00 avg. rating (84% score) - 1 vote
Solomie Kleyn
  • Solomie Kleyn

2 Comments

  • Wat ‘n uitstekende produk, sal dit beslis aanbeveel

  • The product is excellent works for all insects

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui