Die eetbare tuin
‘n Mens raak maklik ongeërg oor dinge – veral as jy ‘n huis, ‘n werk, kos en water het. Maar wanneer enigeen van daardie hulpbronne verdwyn of stadig wegkwyn skrik mens wakker, maar dan is dit dalk te laat – soos enigeen wat Kaap toe verhuis het kan bevestig. Naas water is die belangrikste prioriteit om kos op die tafel te sit. As mens so geseënd is om ‘n lappie grond te besit of te beheer, is dit ‘n uitstekende plan om dit in ‘n groentetuin te omskep. Die voordele daarvan is voor die hand liggend – jy produseer jou eie gesonde gifvrye kos, dit word ‘n gesinsaktiwiteit, julle kry oefening in en jy bespaar op die koop toe sommer baie geld en dit is omgewingsvriendelik.
Onderstaande aanbieding oor die “Eetbare Tuin” het tydensKragDag 2018 in die Raadsaal plaasgevind.
Dr Durand is tans Senior Lektor by die Universiteit van Johannesburg in die Dierkunde Department. Hy het ‘n BSc in Plant & Dierkunde en ‘n BSc (Hons) in Dierkunde in 1983 en 1984 verwerf. Gedurende 1990 verwerf hy ‘n PhD in Paleontologie aan die Universiteit van die Witwatersrand en doen in 1993 ‘n Nagraadse Diploma in Museumkunde aan die Universiteit van Pretoria. Dr Francois is nie net ‘n akademikus van formaat nie. Hy is ook ‘n kunstenaar waar hy illustrasies in boeke en tydskrifte gedoen het soos o.a. MacRae, C. (1999) Life etched in stone; Archimedes; Eerstedagkoeverte en reeks seëls oor die hominien-fossiele van Suid-Afrika (2006); Goue munte met die Rise of the Dinosaurs as tema vir die Suid-Afrikaanse Munt se Natura reeks wat later die jaar uitgereik sal word. Sy ander belangstellings handel oor Volhoubaarheid: kostuine, alternatiewe energie, metaalwerk, leerwerk.
Dankie vir al die inligting. Ek kweek vir jare al my eie groentes in my agterplaas hier in Wierdapark, Verwoerdburg. Jammer ek kan nie foto’s hier stuur nie.
Ek het ook vroeer jare my eie groente gekweek. Maar spoedig moedeloos geword omtrent al die plae wat jy in tipiese woongebiede kry omdat inwoners dit nie beheer nie. So die groente wat jy oes is nie “gif” vry nie want as jy iets wil oes moet jy peste behandel. Tans is dit ook nie goedkoop of ekonomies om ‘n groente tuin te onderhou nie omdat koste van water dit nie moontlik maak nie. Ek koop al omtrent 8+ jare my groente klaar bewerk by Evergreens (ou House Wife Market) op die Tshanwe mark perseel in Pretoria Wes. Daar kry ek alle groentes en vrugte wat in my huishouding gebruik word teen baie billikke pryse (2kg gekerfde wortels, boontijes, patats , pampoen gemengde groente, ens vir gemiddeld R30.00/sak). Jy kan dit nie vir daardie prys self kweek en voorberei nie. My enigste probleem is dat die winkel omternt 20km van my blyplek is. Ek gaan nogmaals tweekeer per maand om inkopies te doen. Hulle het ‘n groot verskydenheid produkte, nie net vars groente en vrugte maar baie soos n supermark met die beste vars gebak elke dag.