
Bring Onderwys Terug Huis Toe
Kevin Swanson het die volgende skrywe (vertaal) gerig aan ouers in Suid-Afrika:
Dagsê Ouers … Julle Kan Dit Doen!

Ons Generations-ZA span het die afgelope drie jaar die tuisonderig visie regoor Suid-Afrika geneem en 89 keer by konferensies in die uithoeke van die land gepraat. Ons glo dat hierdie visie tot die behoefte van die dag in Suid-Afrika, die Verenigde State, en oral elders in die wêreld spreek. My pa en ma was pioniers in die tuisonderigbeweging. Hulle het in 1968 besluit om hul ses kinders (insluitend myself) tuis te onderrig – toe dit ongehoord, ongewild en selfs onwettig in baie plekke was. My vrou en ek het ook ons vyf kinders (nou tussen 24 en 33 jaar oud) tuis onderrig, en hulle onderrig nou ons kleinkinders. Ek waardeer die visie en geloof van my ouers in daardie vroeë jare van die beweging. My pa was veral bekommerd oor die uitbreiding van groot regerings, ateïstiese evolusie, en die ontwrigting van gesinsverhoudings. Onderwys gebaseer op sosialistiese ideologieë het groot skade aan onderwys, gesin solidariteit en vryheid aangerig. Aan die begin van die 20ste eeu het die moderne wêreld staatsbeheerde en – befondsde onderwys ingestel. Marxisme en sosialisme het in elke land begin uitbrei. Die magtige staat was aan die opkoms. Daar was geen gebied waarin die staat meer belanggestel het as om die gedagtes van die volgende generasie te beheer nie. Regerings het daarop aangedring om die kurrikulum, die wêreldbeskouing agter die idees, en die sosiale stelsel waarvolgens kinders grootgemaak word, te beheer. Hulle wou verseker dat die groter regering-sosialisme ons nasies sou oorheers – geslag na geslag. Die staat se beheer oor die gesin en die opvoeding van kinders sou die mees fundamentele beperking van individuele vryheid in die moderne tyd wees (of in enige tyd van die geskiedenis). Dit sou ons nasies slawe van die staat maak.
Die eerste stap na vryheid van statisme en die greep wat die moderne staat op die gesin het, is om onderwys huis toe te bring. Tuisonderrig kan gesinsintegriteit herstel, die gesin se gesagstruktuur herbekragtig, en beter onderwys bied. Honderde statistiese studies het bewys dat tuisonderrig (in die VSA) akademies baie sterker is as wat staatskole bied. Studies het getoon dat kinders wat tuis onderrig word, sosiaal ewe goed of selfs beter vaar as hul eweknieë in staatskole. Tuisonderrig is ook baie sterker in die oordrag van geloof van een geslag na die volgende. Ons Generations-benadering is baie eenvoudig. Dit is gebaseer op die eeue-oue, tydbeproefde, Godgewende wysheidsisteem van Deuteronomium 6:7 en die boek Spreuke. Dit behoort vanselfsprekend te wees dat God se wysheid beter as die wêreldse wysheid van menslike grille is. My beste raad aan ouers is om eers God se standaarde in ag te neem, voordat hulle die standaarde van kommunistiese en sosialistiese state oorweeg. Ouers wat begin met tuisonderrig is gewoonlik verbaas oor hoe God hulle toegerus het om dit te doen. God het nooit bedoel dat ons ons kinders na staatskole moet stuur waar “professionele” hulle grootmaak nie. Dit was nie sy ontwerp nie. Onthou ouers, God het julle reeds die gereedskap, die hart en die geloof gegee om dit te doen!
Ons passie is om nuttige, Bybelgebaseerde, tuisonderrig vriendelike, maklik-om-te-gebruik kurrikulum vir gesinne regoor die wêreld te verskaf. ’n Entoesiastiese span van tuisonderrig pappas en mammas werk hard daaraan om die Generations-kurrikulum in Afrikaans beskikbaar te stel. Ons is opgewonde om ons eerste produkte vanjaar uit te rol:
- Spreuke: Die Metgesel Lesboek
- Die Midde-Ooste vir Jesus
- God se Groot Verhaal – Vlak 1
- Leer my die Geloof
- Die Verhaal van Jesus se mense
- My Eerste Geskiedenis
Loer hier en hier na kort gesprekke oor onderwys en boeke as bronne.
Vir ‘n groot verskeidenheid van bronne oor die herstel van gesinsgebaseerde en Bybelgebaseerde onderwys, gesinsekonomie, gesinsverhoudings en gesinskultuur en ‘n diepsinnige beskouing van die staat, kontak Greg of Nadia by 083 798 7360 / 074 1820 571
Webwerf: www.bcnza.co.za
Youtube kanaal: https://www.youtube.com/@BiblicalChristianNetwork/videos
Skaf Generations boeke aan in Suid Afrika by: https://za.generations.org/
Christen Tuisonderrig Kurrikulum: https://generations.org/curriculum/