Beste waterbestuurspraktyke vir besproeiingstelsels

Wanneer ons waterbronne onder druk kom, is dit nodig dat ons kyk na ons watertoedieningspraktyke en hoe bestuur toegepas kan word om die beskikbare water meer doeltreffend te gebruik. Beste bestuurspraktyke sluit in grondkartering, waterkwaliteitsmonitering, besproeiingskedulering, gebruik van afstandswaarnemingstegnologie, outomatisering en watermeting. Die aanbieding sal die gehoor meer van hierdie onderwerpe vertel.

Onderstaande aanbieding deur Isobel van der Stoep oor “Beste waterbestuurspraktyke vir besproeiingstelsels” het tydens KragDag 2018 in die Raadsaal plaasgevind.

Isobel van der Stoep is ‘n landbou-ingenieur wat spesialiseer in besproeiing en het meer as 20 jaar se ervaring in die besproeiingswaterbestuursveld. Sy was ‘n dosent aan die Universiteit van Pretoria vir 9 jaar en het ook vir verskeie raadgewende firmas gewerk. Ten tye van die aanbieding was Isobel die tegniese uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI), waar sy verantwoordelik was vir die reël en aanbieding van besproeiingsontwerp-en bestuurskursusse. Sy was ook betrokke by navorsingsprojekte aangaande watergebruiksdoeltreffendheid, watermeting en energiedoeltreffendheid van besproeiingstelsels.

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui