
Belê in die ruggraat van sonkrag – Siteform se ligte-staalkonstruksie
Volhoubare private kragopwekking, met die regte strukture in plek, is die pad vorentoe vir Suid-Afrikaners. Die regering het onlangs dié feit met die goeie nuus dat die lisensiedrempel van 1 000 MW wegval, bevestig. Ondernemings en huishoudings word nou aangemoedig om sonkrag te installeer en dit aan die netwerk te koppel sodat hulle vergoed kan word vir ekstra krag wat hulle aan die netwerk verkoop.
Gehalte staalkonstruksie vorm die ruggraat van enige sonkragstelsel. Siteform, wat reeds van 2006 naam maak vir sy ligte-staalstrukture, spesialiseer in losstaande asook sonkragstrukture; P2000 spore; pasgemaakte strukture en hellings op aanvraag. Siteform is ook die betroubare verskaffer van huishoudelike en industriële stelsels wat enige ander soort struktuur vervaardig en oprig.
Siteform Roofing het in 2006 begin as ’n profilering, oftewel rolvorming, -maatskappy wat topgehalte plaatbekleding van verskeie profiele vir die huishoudelike en kommersiële mark verskaf. Rolvorming is die proses waarmee dakplate gevorm word. ‘n Spoel plaat word deur ‘n masjien met rollers gestuur. Hierdie rollers vorm dan die plaat in die gekose profiel dakplaat (byvoorbeeld IBR, Victoriaans, en so aan).
Die maatskappy het gou besef daar ’n groeiende vraag is na nuwe tegnologie in die boubedryf en het daarom in 2007 hul eerste ligte-staalprofileerder bekom. Siteform maak gebruik van CAD-programme om hangwerk en muurpanele met ongeëwenaarde akkuraatheid en presisie te vervaardig. Vandag het die maatskappy 21 profileringmasjiene; hul eie spoelplaat gleuflyn; en ‘n uiters bekwame personeelgroep van meer as 50 mense.
Siteform glo in die belangrikheid van die regte struktuur wat die belegging van private kragopwekking die moeite werd sal maak en verseker dat die verbruiker die regte metodes volg. Die voordele van Siteform se strukture sluit in dat dit eenvoudig is om aanmekaar te sit; dit lig is en maklik vervoerbaar, en dat die materiaal algemeen beskikbaar is en ook bestand is teen roes en alle weersomstandighede. Die strukture behels ook geen onderhoud nie.
Siteform streef daarna om die mees betroubare, eerlike en bou-effektiewe maatskappy in die land te wees. Hulle is geleë in Bloemfontein en lewer landswyd af, met of sonder oprigting. Kontak hulle vandag nog by 051 451 2166 of besoek hul webtuiste vir meer inligting.
Ettiënne Meyer