Afrison LED glo dis beter vir Suid-Afrikaners om plaaslik-vervaardigde goedere te koop

Afrison LED is ‘n plaaslike vervaardiger van industriele LED-ligte wat grotendeels gebruik word op myne, plase, pakhuise, voedsel-sorteeraanlegte, slagpale, fabrieke en in dorpe vir straat- of areabeligting. Afrison LED ding geredelik met ingevoerde produkte mee, maar glo dat plaaslike kwaliteit enige tyd meer voordele inhou bo (aanvanklik) goedkoper ingevoerde ligte. Daar is 3 hoofredes waarom ons glo plaaslik is beter as ingevoer:

1. Dis goed vir die gemeenskap en Suid-Afrika

Plaaslike vervaardiging skep ‘n ketting van werk. Deur plaaslik-vervaardigde produkte te ondersteun, word werk geskep by jou verskaffer en sy verskaffers. Hoe meer besigheid so ‘n vervaardiger het, hoe meer geld spandeer hy weer plaaslik. En die geld bly in ons ekonomie, versterk ons ekonomie en verdwyn nie in ‘n buitelandse ekonomie nie.

2. Dis goed vir die omgewing

‘n Plaaslike veskaffingsketting is ‘n geleentheid om die wêreld en ons omgewing te help. Minder internasionale/oorsese invoer verminder skeeps- en lugvrag, wat besoedeling in die oseane en lugruim verminder, en ‘n beduidende vermindering in energieverbruik (brandstof) te weeg bring. Dit het weer ‘n positiewe uitwerking op aardverhitting en koolstofbesoedeling.

3. Dis goed vir jou

Wanneer jy plaaslike besighede ondersteun, skep jy werk naby jouself. Daardie werkers ontvang ‘n salaris, wat hulle weer by jou besigheid spandeer, of hulle in staat stel om hul kinders se skoolfondse te betaal – sodat jý minder hoef te betaal. Maar daar is meer voordele vir jou:

      • MEER BUIGBAARHEID – Plaaslike vervaardigers verstaan jou taal en behoeftes. Wil jy dalk ‘n klein aanpassing op die produk maak, is dit baie makliker om dit met iemand plaaslik te reël as met iemand anders aan die ander kant van die wêreld.
      • BETER BEHEER – Die spreekwoord lui mos “Ver van jou goed, naby jou skade”. Met plaaslike vervaardiging is dit baie maklik om die vervaardiger te besoek en seker te maak die produk word volgens jou verwagting vervaardig.
      • DIENS EN HERSTELWERK IS OM DIE DRAAI – Dit is baie makliker om ‘n waarborg te laat diens of ‘n stukkende produk reg te laat maak deur ‘n verskaffer in Pretoria. As jy elke keer ‘n produk Beijing of Reikjavick toe moet stuur vir diens kan dit frustrerend raak.
      • VERMINDERDE VERVOERKOSTE – Natuurlik – hoe nader hoe goedkoper
      • KORTER LEITYE – want vervoertyd en doanes is uitgeskakel
      • GEEN “Minimum Order Quantity (MOQ)” nie – Meeste oorsese vervaardigers vereis dat jy minimum hoeveelheid produkte moet bestel om die verskeping en vervaardiging vir hulle die moeite werd te maak – dit is selde dat plaaslike vervaardigers ‘n MOQ het. Benodig jy net 3, bestel dan net 3!

Ondersteun plaaslike vervaardigers soos Afrison LED – dis nie net die regte ding om te doen nie – dit is ook goed vir jou, jou omgewing en jou gemeenskap!

Kom besoek Afrison LED by die Sakeliga KragDag-ekspo se landbouafdeling op 14, 15 en 16 Oktober. Afrison LED is die borg van die spreiligte op die landbouterrein.

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

One Comment

  • Ek kan ongelukkig na daar wees nie. Maar stel belang in solar. Wil net vir my huis ligte en yskaste he.

    Sent

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui